Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

INSIG IN DIE DOEL VAN DIE AARDSE BESTAAN
B.D.7100 - 22 Maart 1958
Die gaan oor die aarde as mens sou geen juiste beweegredes hê wanneer dit slegs vir eie doeleindes was nie. Of, dit sou vir u mense moeilik wees om `n goeie oorsaak daarvoor te vind, omdat u al te duidelik die groot verskeidenheid bemerk van die menslike lotgevalle. Steeds weer sou die vraag in u opkom, welke doel is daar in `n verdrietige, armsalige en kommervolle lewe? - Maar u kan dadelik `n antwoord vind wanneer u die lewe nie as die doel self beskou nie, maar as die middel tot die doel.
Was elkeen se aardse lot gelyk en sou elkeen se lewe as mens uit harmonie, sorgloosheid, vreugde en aardse geluk bestaan, dit wil sê, weinig onderskeid hê met die lewe van die medemens; dan sou u wel kan glo dat die aardse bestaan geen hoër einddoel het as die lewe self nie. Maar sodra u ernstig hieroor nadink, sal u nie met so 'n verklaring tevrede wees nie. U sal na `n diepere rede soek en verseker ook vind, omdat slegs `n vraag andersyds daarvoor nodig is om u daarop `n antwoord te gee.
En hierdie vraag moes alle mense vir hulleself gestel het, want dit getuig waarlik nie van wysheid of van goeie denkvaardigheid wanneer `n mens homself tevrede stel om "slegs as `n skeppingsgril" deur die lewe te gaan nie. En elke mens wat aanspraak daarop maak om intelligent te wees, sou verseker nie sy tyd en krag aanwend om dinge te laat ontstaan, wat volkome doelloos is nie. En hy sou homself ook nie as `n heeltemal nuttelose skepsel wil beskou wat slegs tot doel het om homself in stand te hou, maar self daarby nie die duur van sy bestaan kan bepaal nie. Is die aardse lewe `n doel op sigself of is dit `n middel tot die doel? Om hierdie vraag op te werp kan van groot belang wees vir hom wat nie kan glo nie. Daar word in geen geval van u mense gevra om blindelings te glo nie, want die soort blinde geloof het geen waarde nie. Maar u kan u verstand gebruik en u kan van alle kante bekyk wat van u verwag word om te glo. En u kan deur nadenke tot `n resultaat kom wat vir u aanneembaar lyk. U kan daarom verseker daarvan wees dat so `n gedagte-arbeid ook geseën sal word, wanneer dit gaan om `n dieper insig, om die kennis van dit wat vir u mense nog verborge is, maar tog nie in verborgenheid moet bly nie.
En om die doel van die aardse bestaan as mens te deurgrond is sulke kennis nodig, want dit behoort tot die gebied van die onbewysbare en kan tog die mens gelukkig maak as dit vir die mens erns is om hierdie kennis te besit. Want steeds meer vrae sal dan in die mens opkom, sodra dit vir hom duidelik geword het dat die lewe as mens slegs `n middel tot `n doel is. Want dan sal hy ook die ware doel soek om dit te deurgrond en dan ook sy opdrag insien. Hy sal homself nie meer tevrede stel met net die sorge van die aardse lewe nie; hy sal veel meer die gebeure en belewenisse leer beskou as noodsaaklik vir die doel, en nou ook `n geestelike houding vind en uitwerk wat hom bomate sal bevredig.
Met die insig van die aardse lewensdoel begin die bewustelike lewe van die mens eers, want nou eers sal sy denke gerig word op `n doel wat hy poog om te bereik. Nou eers lê die mens self die hand aan die werk om siele-arbeid uit te voer. Nou eers word die aardse belange op die agtergrond geskuif, ofskoon hy ook van sy aardse lewe Heer kan word met die hulp van God, wat so `n instelling tot die lewe sal seën.
Hy sal vir hom steeds nuwe aspekte ontsluit wat sy gedagtes besig hou en hom hoër op lei, want `n doelbewuste lewe kan nooit tevergeefs geleef wees en sal ook `n geestelike resultaat oplewer. Terwyl `n mens vir wie die lewe slegs sy eie doeleindes het, geen enkele sukses sal verkry nie. Wanneer hy egter gewillig is om die liefde te beoefen, dan sal in hom vanself vrae oprys oor die doel van sy aardse bestaan, en dit het dan ook `n verandering van sy denke tot gevolg. Ontbreek die wil tot liefdadigheid egter, wat meestal die geval is by diegene wat die doel van hulle aardse bestaan nog nie ingesien het nie, dan kan daar geensins van `n opwaartse ontwikkeling gepraat word nie. Dan bly die gesteldheid van die siel van die mens soos dit was in die begin van haar beliggaming, en dan is `n groot barmhartigheidsgawe verspeel wat hom die grootste sukses kon opgelewer het, want die lewe op die aarde word heeltemal vergeefs afgelê.
Maar dit is vir elke mens moontlik om tot die insig te kom dat hy ter wille van `n doel die weg oor die aarde gaan, want elke mens is in staat om te dink en kan sy gedagtes teenmekaar afweeg, sodat hy bekwaam is om daaroor te oordeel. Hy sou by ernstige nadenke verseker tot die insig kom, omdat hy in die natuurskepping ook `n sekere doelmatigheid in die vasgestelde orde kan herken. En wat hy ook as hoogs ontwikkelde skeppingswerk verseker op homself sou moet toepas, anders sou waarlik `n baie beperkte denke sy eie wees, `n opvatting wat nie kenmerkend is vir sy verstand nie.
Die mens kan dus wel tot die insig kom van sy aardse lewensdoel, anders sou van hom geen verantwoording gevra kan word, hoe hy sy aardse bestaan benut het nie. So 'n verantwoording word weliswaar deur die mense wat geen doel erken nie, ontken, maar ook daarvoor is genoeg bewys in die skepping van die natuur voorhande, wat nie sonder gevolge teen die wette van die natuur en teen die Goddelike ordening gesondig kan word nie. Daarom moet ook die mens vir homself `n sekere ordening laat geld, en hy moet homself betrokke voel in hierdie wetlike orde. Dus kan hy sy lewe nie willekeurig inrig sonder enige verantwoording teenoor Hom wat alles geskape het nie. Hy moet dus probeer om homself aan die wet van die Goddelike orde aan te pas.
En hy moet ook `n Wetgewer aanvaar, want eers dan sal hy homself ook verantwoordelik voel teenoor die Wetgewer. Word hierdie Wetgewer egter nie aanvaar nie, dan voel die mens homself vry van verantwoording teenoor `n Heer - en dan is hy nog baie duidelik in die hande van die god met die vyandige mag. Want hierdie mag sal steeds probeer om die mens te beïnvloed, soos dat alle geloof aan `n doel van die aardse lewensbestaan verdwyn. Hy wil hulle weer vir homself behou vir ewige lang tye.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205