BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 8

Hiermee is die grondbeginsels van die eerste dele van die geskiedenis vasgelê. My kindertjies het baie meer as hierdie woorde wat reeds gegee is, nodig om tot volwasse kinders voor My te groei in hulle harte. Dit is belangrik dat hulle elke les wat julle aanbied aanhoor en beleef deur die vleeslike om hulle en daarom sal EK hierdie boek aanvul met uitgebreide lesmateriaal wat My kindertjies tot volmaakte Liefde sal ontwikkel. Só sal die slang op hierdie aarde sy krag verloor en met minder en minder dienare sal Myne uiteindelik die lot van die heelal totaal op My rig. Ek bedoel om daarmee die duur van skepping tot herskepping vir julle draaglik en soet te maak. Verkondig daarom My woorde en lesse aan elke siel wat ‘n neiging na vereniging met My toon, want hulle sal die krag verleen vir die mensdom om in totaliteit na My te keer. Ook dié wat die laagste, vleeslike behagings nuttig, sal deur die toestroming van krag na julle, julle wysheid opneem om laag vir laag hulle harde skille te verloor en sag te word soos Myne en water.

My geboorte was nie in verre so belangrik soos My doop deur Jehôwganan(Johannes) se water in die Jordaan nie. Die betekenis van die Jordaanrivier was ook belangrik in My geval, maar vir julle is die betekenis van water in julle bestaan allernoodsaaklik. Die water wat julle drink, reinig die kleinste dele van julle liggame om sag te bly en ligryk te beweeg deur julle ingewande. Dit hou julle liggame beweeglik en soepel om lewend bruikbaar te wees. Net soos wat dit julle reinig van binne, reinig dit julle ook van buite en daarom reinig dit simbolies julle siele van alles wat nie van My is nie. Ek rig daarom ‘n opdrag aan julle deur hierdie Nuwe Bybel net soos tydens My wandel op die aarde om julle te laat doop in die Naam van julle Maker, Verlosser en Ewige Gees wat julle Lewe gee. Ek sal julle dan deur Gees doop om te spreek uit My in julle lewenswandel en nie uit die aarde en sy vleeslike sorg nie. My sorg strek vêr verby die vastheid van hierdie sigbare, soos wat die bodem van ‘n oseaan baie dieper as die oppervlak is, waar ook lug baie hoër as die bodem eindig. Elke verligting van die materie na die eteriese is ‘n voorbeeld van hoe omvangryk die vlakke tot by My is.

Water maak materie sag, hetsy deur voedende eienskappe, harde, kragtige eienskappe, of verterende hitte-eienskappe. Sonder water sal die sagtheid nie bewerk word nie en daarom is water die doopmiddel op julle aarde om My siele se toestemming of versoek te toon om deur My Gees versag te word. Laat water daarom tydens kinderopvoeding deurlopend ‘n leermedium bly, want dit sal insig in my leermetodes, reinigingsmetodes en skeppingsmetodes bring. Dit is dié noodsaaklike element van lewe op julle aarde en daarom die voorbeeld van My Gees se werking onder julle. Wees nederig en kragtig soos water. Wees werksaam en bruikbaar soos water, Wees gewillig en vrolik soos water. Wees helder, deursigtig en eendragtig soos water. Amein.

My kleintjies moet elke aspek van water verstaan, nie in ‘n materiële sin alleen nie, maar in die doelmatige gebruik van water, sodat hulle die behoefte in hulle siele kan vergelyk met wat hulle in die die aardse behoeftes waarneem. So kan hulle my vra om die simboliese ook in hulle siele te verrig, sodra die siel daarvoor gereed is. Amein.

Na afloop van My doop is die getuienis oor My van uiterste belang vir My kindertjies se geestelike ontwaking. Die Gees wat soos ‘n duif op My neergedaal het, word nie altyd reg oorgedra nie. Soos wat Ek wegbeweeg het, het Jehowganan My in die gees sien een word met die alomteenwoordige Gees wat uit die eteriese na My gekom het. Hierdie toevou van groot na klein, het soos ‘n duif gelyk wat neerdaal, maar so sal dit vir elkeen wees in die dag van wedergeboorte van Gees, waar die siel se oë geopen sal word vir die Gees wat toestroom na die klein porsie Gees wat Ek in julle geplaas het. Hierdie toestroming is te ken aan die reënboog wat Ek as teken aan Noag gegee het, toe hy met sy gesin uit die ark mag beweeg het, die nuwe wêreld in. Ek sal aan elke siel hierdie sewe kleure in volmaaktheid seën, omdat die siel uit haar vrye wil haarself omskep het tot rustige waters waarop My sewe eienskappe kon weerkaats. Open daarom My kindertjies se harte vir die toestroming van My sewe geeste deur kleure om hulle te ontleed en water se noodsaaklikheid uit te lig in die lewendige bestaan van die kleur. Ek sal hulle só verhelder en na My trek. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205