BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 3

Vorms

Hierdie hoofstuk se werk het ‘n baie diep betekenis vir die siel, maar sal nie in die bestaan van die kind besef word nie. Ek heg bepaalde vorms aan alle lewende dinge om die siel se neigings daarmee ten toon te stel en so het nie-lewende dinge se vorms ook te doen met die doel waarvoor hulle in bestaan gebring is.

Die eerste les van vorms is dus hoe dit ander kan dien of tot nut kan wees. Die tweede les is veel dieper in die gees, dus hoe dit ontwerp is tot geestelike ontwikkeling. Hoe kan dit moontlik wees, vra ‘n mens My dit dan af? Wat is die nut van die klip, die berg, die skulp, die mos, die eiland of die blad van ‘n landskap? Elke ding wat die mens om hom sien is tot nut van die gekluisterde siele daarbinne en sal deur die suiwering en versagting van vloeiende water tot nut en gebruik kom in sekere aardse tydperke. Die aanvanklike los spoel van rotse tydens groot watermassas, die verkleining van die gronddele met waterkragte, die samevoeging van fyn gronddele in bruikbare hope, die bemesting daarvan deur verrotte sieledele, die in die lewe roep van plantegroei om stukkie vir stukkie weer die leë aardkors te versier met kleure, is alles werke wat Ek deur My engele en lewenskragte in werking stel om sieledele weer ‘n kans te gee om opwaarts te beur in die groeiproses. Amein.

Groot vorms is niks beter as die kleiner vorms wat julle om julle vind nie en elkeen loop dieselfde pad om reiniging en eenwording te bereik, as julle siele. Die voltooiing van die eenwording met My Gees van Liefde, is net vir elke vorm op ‘n ander terrein of vlak. Indien die plant sy lewensenergie ingespan het om die hoogte vir sy tipe te bereik, blomme, vrugte of sade voort te bring en My Lewenswater in te span om ‘n goeie voorbeeld van sy tipe plant te wees, het dit sy huidige doel volbring en is gereed vir ‘n volgende doel in die ewigheid. Dit maak die ontwikkelingsgang vir die plant se sieledele moontlik en hoewel dit etlike jare vir sommige plante neem om die ontwikkeling van daardie tydperk te voltooi, is dit ‘n voortdurende, hernuwende proses om die sieledele te help om meer en meer diens aan My te verrig. Amein.

Ek wil vorms nou verder bespreek aan die hand van fyn lyne in lewende dinge. Elke lyn wat Ek gevorm het, het ten doel dat iets buigbaar of verfynd voorkom en daarmee diensbaar is. Net so moet die lyne op ‘n bejaarde gesig toon dat die jare se diensbaarheid nou sigbare resultate toon. Ek het net lyne in die aardse dinge bewerk, omdat tydperke hier in jare gemeet word. Fyner stowwe, soos insekte en plante se lyne is van korte duur. Ek wil dat lyne vir julle simboliese waarde dra as verantwoordelikheid. Die swaar, aardse stowwe en leerskool is ‘n verantwoordelikheid wat die siele hier opgelê is om na My terug te keer nadat hulle eens van My wegbeweeg het en daarom sal elke buiging ‘n goeie nut dien om hulle weer na My te laat terugkeer. Die enigste vorms wat sonder lyne vir buiging bestaan op aarde, is lig en water. Daar is ook wind, maar dit dien as ‘n krag en kwik dien as ‘n vernietigende swaar metaal. Metale op sigself is met lyne geskape in hulle skeppingstoestand, so ook is visse vaartbelyn en met organe, dus nie ‘nonbelynde voorkoms. Wat sal dit dus oor die wedergebore toestand uitlig? Die feit dat eenheid van vorm ‘n hemelse waarde het en dus net aan alles in My Ryk toegeken kan word. Word daarom een met die waters in julle siel en gees, want dan sal die Lig deur julle kan begin stroom.Amein.

Lyne is dus die begin van vorms en daar is reeds uitgelig dat dit net aan dinge kan behoort wat tot My moet terugkeer. Die diensbaarheid is dus ook uitgelig om die vorm te help om tot My terug te keer. Nou wil Ek aanraak dat volume dus net bepaal kan word wanneer vorms aanwesig is. In die ewige is bestaan nie gekoppel aan tyd of volume nie. My krag werk deur alles en dit is oneindig, maar het ‘n doel in elke taak. Volume en verantwoordelikheid kan ook in een begrip gebring word. Hoe meer volume daar is, hoe swaarder is die verantwoordelikheid om diensbaarheid en bekering. Wees daarom lig in volume om maklik buigbaar en diensbaar te wees, sodat bekering nie ‘n swaar pad vir die siel inhou nie. Amein.

Hoe gaan al hierdie leermateriaal vir die kind aangebied word, aangesien dit op ‘n baie hoë begripsvlak staan ten opsigte van die ontwikkelende siel. Ek sal hierdie hoofstuk gebruik om dit aan die kind te kan weergee.

Tydens die vierde lewensjaar met die bestudering van kleur, kan daar aandag gegee word aan die nut van die kleur tesame met volumes waarin dit voorkom. Hoe swaarder die kleur is, hoe swaarder sal die volume van die geskape item wees. Tref daarom verwantskappe en ooreenkomste met waar kleure en groottes tuishoort, sodat daar ‘n ware begrip tussen die grootte van die kleur in die samelewing met die diensbaarheid van dieselfde kleur voorkom. Hier het die teenpool ingegryp en alle kleure se waarde vertroebel deur dit aan foutiewe dinge toe te skryf. Helder kleure is vir fyn versierings in die natuur gebruik en dowwe kleure vir die swaarder, groter volumes. In die hedendaagse bestaan, word die helderste kleure vir verkeerde doeleindes aangewend en daarom is die siele ydel en eiewys. Nederigheid is baie ver van die hedendaagse mens, omdat elke sintuiglike waarneming sonder hemelse ordes en waardes is. Ek wil hê dat die ware begrip van die vleeslike bestaan in alle vorms vir My kinders herstel moet word. Gebruik daarom die regte kleure vir materiale in My Kinders se klaskamers en omgewings. Ek sal dit met goeie geestelike gevolge vir die hele gemeenskap seën. Amein.

Tydens die vyfde jaar het die kind met eksperimentering van spasies en vorms te doen gekry deur met beelde van lewende dinge te begin speel.  Hierdie les moet met vele kuier-besprekings gepaard gaan om die kind ‘n sin te gee in waar die lewende dinge hulself bevind op aarde en waar hulle beskut sal word ten tye van rus, kleintjies versorg of gevare. Dit sal baie uitlig oor die vlak van die siel in die lewende organisme. My sorg vir elke plant of dier is van groot belang in die voortbestaan daarvan in ‘n enkele lewe, maar Ek het ook ‘n groter doel met noodlottige gebeure vir elke lewende organisme, aangesien dit die vorderingstyd van die siele daarin versnel. Moet dus nie treur oor die heengaan van ‘n troeteldier of oor die heengaan van ‘n plantjie waarvoor jy probeer sorg het nie. Dit het ‘n positiewe siele-ontwikkeling tot gevolg en jou sorg vir die plant of dier het daartoe bygedra. Die besluit om die lewe van iets te beëindig, moet egter voor My gebring word en uitgevoer word soos wat Ek dit vra. Amein.

In die sesde lewensjaar van ‘n kind, het alle vorms name in abstrakte vorm, maar werk ook met dimensie, sodat die kind kan leer hoe dinge inmekaarpas en waaruit dinge bestaan. Die volheid van die vorm-begrip, sal aan die kind die doel van vorms toon, sodat dit nie net meer lyne is nie, maar ‘n tasbare volume. Ooreenkomste met vorms in die dinge rondom hulle is so noodsaaklik dat daar ook modelle van die omgewing gebou kan word om die vorms te kategoriseer.

Hierdie hele proses baat die siel sodat dit My skeppings volgordes kan leer begryp en naboots. Net soos wat Ek skep en lewe gee, moet die kind leer skep en My seën daaroor vra. Amein.

Die sewende jaar is vir die kind ‘n kragtige jaar in die stel van vrae en die bymekaarbring van spel en verantwoordelikheid, daarom moet die kind die vorms nie meer as apart van sy bestaan beleef nie, maar deel van sy take en ontwikkeling. Vergelyk daarom die sfeer met waterdruppels en eenheid, net so is alles op die aarde deel van die aarde, solank dit op die aarde is. Dui nou aan dat soos ‘n ui lae het, die liggaam ook lae het en dat die sigbare hier bly, maar die reuk van die ui wat oë laat traan, styg op (gaan na ‘n hoër bestemming) sodra die liggaam sterf en Ek My Krag daaruit onttrek. So kan na vele lewensmiddele gekyk word om die kind te toon wat aards en hemels is en hoe vorm die hemelse help omvat om diens te doen op die aarde. Selfs smaak speel hier ‘n rol, want wanneer die voedsel reeds ingesluk is, sal die smaak daarvan nog in die mond agterbly. Dit is ‘n teken van ‘n hoër waarde of komplekse samestellings, meer as net ‘n vorm met lyne. Dit dien ‘n doel in die gebruik daarvan. Amein.

Eksperimentering met stowwe, voedsel en samestellings kan vir die volgende paar jaar deel uitmaak van die leermateriaal, maar altyd met My as beginsel en die soeke na die siele se waarde daarin. Legkaarte soos julle dit ken, is nie van soveel nut in die siele-ontwikkeling nie. Bou-eenhede waar meer dimensie aan lewende dinge toegevoeg word, sal ‘n groter nut hê vir die kind se begrip van skeppings en ewigheidswaarde. Moenie oppervlakkige beelde gebruik in die opvoedingstaak nie, want dit vermors kosbare tyd om My te vind in elke dag. Gebruik materiale wat die kind se siel laat vrae stel en nie net die brein-vermoëns voed nie. Ek wil betrokke wees en die gesprekke lei.

Wanneer die funksies van lewende dinge begryp word, kan die vorms oorgaan na mensgemaakte voorwerpe, sodat die mens se skeppende vermoëns daarmee ondersoek kan word. Die mens se materiale is hoofsaaklik in staat tot hoekige ontwerpe en harde lyne. Sagtheid wat deur die mens se hand ontstaan, het nooit so ‘n buigbare, diensbare vermoë om as nederig beskryf te kan word nie. Die hardheid van die aarde is altyd te ken in ‘n mens se skeppende vermoë. Soek daarom saam met die kind die teksture in vorms, sodat My Grootsheid daardeur erkenning kry. Amein.

Hierdie voltooi die les oor vorms, want in die Hemelse Ryke het vorm nie so ‘n groot doel soos op hierdie aarde nie. Vorms is dus ‘n eindigende skepping en dit wat daarbinne is, moet ewig ontwikkel. Toon dit deurgaans aan My kleintjies, sodat hulle dit voor oë hou in al die keuses wat voor hulle gelê word. Elke behaaglike item op hierdie aarde kom in ‘n vorm voor en net My Hemelse voeding en seën is vormloos vir die aarde en dus ‘onsigbaar’. Nee, My kinders, dit is die volheid waarna julle verlang, die inhoud, die voeding en die Krag. Leer My kindertjies om te vra vir Krag in elke taak en dag en daaruit sal die vermoë spruit om met My Skeppende Krag een te word. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205