BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 11

Met die bestudering van al die woorde uit julle huidige Bybels, is daar spesifieke riglyne wat in gedagte gehou moet word, sodat die siel verlig kan word deur navolging van wat behoue gebly het.

Elke hoofstuk uit die Wet, behels riglyne vir volke van alle klasse en stande. Dit is tot verbetering van die siele om by die bepalings van die wet te hou, maar as gevolg van oorleweringe van geslag tot geslag, het sekere wette laste geword vir die siel. Kyk daarom uit ‘n praktiese, regverdige oogpunt na elke wet en verduidelik dit aan My kleintjies aan die hand van saamwoon-beginsels.

Orde, as een van My eienskappe is van kardinale belang in die vervolmaking van ‘n siel. Sonder die orde van gehoorsaamheid, sal die siel nie een met My Gees kan word nie. Ek rig daarom ‘n opdrag aan elke opvoeder en kinderversorger om ‘n ordelike ruimte, met genoeg spasie vir beweegruimte, skryf-aktiwiteite en sinvolle self-ondersoek aktiwiteite daar te stel, sodat My kleintjies die aarde deur die oë van Liefde, Orde en Erns kan ondersoek. Ek sal deur Miriam-gees daar wees om te lei en te help om My kindertjies se harte op My te fokus.

Wees gereed en voorbereid wanneer ‘n dag begin om al die onskuldige vrae sinvol te beantwoord en te help om self antwoorde te vind uit al die bronne wat My vereer. Help My kleintjies, asof dit jy is wat deur My gehelp wil word. Wees sag, hulpvaardig, liefdevol en vreesloos. Laat geen eis te groot wees in jou diens aan My Lieflinge nie, want so verlaag jy jouself en word jy een met My Skeppende, Versorgende Krag. Jy sal My beter en beter vind, hoe meer jy fokus op die ondersoeke en behoeftes van My kleintjies.

Daar is nie ‘n beter leerskool in onvoorwaardelike Liefde as die een van onselfsugtige kinderversorging nie. Spreek uit My Liefde, al is dit streng nodig soms, maar bewys hoflikheid, gemoedelikheid en begrip vir die kind se ingesteldheid om alles rondom in een oomblik in te neem en daarop te wil reageer. Bewys geduld wanneer die kind nie meer geduld oor het vir die dag of oomblik nie. Moenie troos as wangebruik instel nie, maar assosieer met die kind se emosie en beantwoord aan die kind se behoefte, soos wat Ek deur al My versorgers aan jou eie behoeftes van veiligheid, voeding, kleding, omgewingsversorging en sielsnode beantwoord. Nooit beleef jy dat die behoefte te veel gevra is van Ons kant af nie. Wees so ‘n volmaakte versorger uit My vir al My kindertjies wat Ek in jou sorg plaas. Hulle behoort aan My in My ewige Liefde en daarom sal jy ook aan My verantwoording doen oor hulle. Lei hulle eerste na My en dan na Wysheid oor die wêreld om hulle. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205