BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 20

Liefde

Hiermee is nog ‘n hoofstuk in die Boek van Liefde voltooi. Weer sal Ek met julle in My aarde spreek om julle weë na My te rig en meer van julle met My te verenig, want elke boek spreek tot die siele van ‘n ander groep mense. Die Liefde in die harte van My Kinders is al wat Ek nodig het om ‘n ewigheid se skeppings tot die huidige by te voeg. Liefde wek dankbaarheid, diensbaarheid en ootmoed. Hierdie waardes is van ewige belang in die ontwikkeling van ‘n siel. Indien ‘n siel nie daarby uitkom nie, sal geen bruikbaarheid en groei by die siel te vinde wees nie. Amein.

Die Liefde wat onder julle heers is goeie voorbeelde wat aan My Kinders voorgehou kan word, mits dit onselfsugtige belange uitbeeld. Elke Liefde wat in die onderrig-opset bygevoeg word, moet eers gemeet word aan die mate van verhoging wat dit My Ewige bestaan bied en die mate van Liefde wat dit by My Kinders wek tot onderhouding van al die gebooie van My Liefde. Amein.

Liefde is ‘n basis, ‘n wyse van bestaan, ‘n medium tot Krag, dit is nie ‘n toevoeging tot ‘n lys van ander dinge nie. Indien die Liefde wat Ek aan Moses (Moshé) gegee het as waardesisteem vir Lewe nie onderhou word nie, kan die Liefde nie groei tot meer Liefde en groter diensbaarheid nie. Begin daarom altyd daarby en brei uit daarop met opvolgende lesse van onvoorwaardelike Liefde. Alles om julle praat die taal van My Liefde. Net die mens loop op afdraaipaaie weg van daardie taal. Dit is die taal wat verwar is by die toring van Babel. Geen groep mense het meer dieselfde taal van Liefde gepraat nie en daarom het hulle mekaar vernietig in plaas daarvan om verder te bou aan hulle doel. Die verskynsel herhaal homself altyd by groepe mense waar die suiwer, ewige Liefde weggewys word om aan ander liefdes ‘n groter plek in die hart te bied. Open altyd die groep se hart tot My Liefde en bou voort daarop, andersins kan die ewige taal nie onder julle ontwikkel nie en sal daar nie ‘n Kanaän gevind word waar almal in My seën en sorg kan deel nie. Amein.

Ek breek hierdie Brood deur die hande van My Koningin van Liefde, Miriam, om aan almal ‘n verhoging van sielevlak te bied. Dit is genoeg om elke siel te laat deurbreek na die ewige lewe wat versoen is deur haar in My. Ek kus elkeen op die voorhoof soos ‘n Vader Sy Kinders na ‘n lang tyd van afwesigheid en bestraal julle met My Liefde wat sonder einde is. Amein.

Word een met hierdie Waarhede wat Ek in julle hande geplaas het en leer dit aan al die Kinders van My Liefde wat in jou sorg is. Elkeen van hulle het nodig om in hierdie laaste dae die redding vanuit My teenpool se mag te ontvang. Ek roep My Engele wat op aarde beliggaam is om hulle take op te neem, want die wiel het gedraai. Amein.

Dit is die einde van hierdie boek in My Nuwe Bybel aan julle. Ek, Jahweshua-Miriam-Gees is onder julle om julle harte van alle vroeëre bande te verlos en bied aan elkeen die Krag daarvoor as die siel My daarom vra. Amein.

Julle Liefdevolle Skepper wat alles in stand hou, hou ook jou hart se uitnodiging dop, want daarop volg die ewige bekragtiging.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205