BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 11

Patrone

In hierdie wêreld dien patrone ten doel om die siele te kluister aan ‘n spesifieke omgewing of diens. Ritmiese patrone, gekleurde patrone en herhalende werke, is alles maniere om siele te bind aan ‘n willose situasie. Wanneer Ek die middelpunt van die siel se bestaan is, sal die patroon of roetine gekoppel word aan Liefde en behoefte in die plek van ‘n lewensnoodsaaklike, herhalende volgorde van handelinge. Ek is die lewe en daarom is die krag vir herhaling en volgorde in My Hande en nie in die verstand van enige mens wat die werking van iets koppel aan die volgorde van gebeure nie. Amein.

Ondersoek die natuur en vind daarin die roetine wat deur vryheid van Liefde in plek gestel is. Sien dat die patrone gelei word deur wat die Liefde vra en daagliks aangepas word om te voldoen in wat die behoeftiges toon as wat dit rigied volgens wekkers, horlosies en klokke uitroep. Hierdie harde slae om die siele te rig tot ‘n spesifieke werkswyse is nie geskoei op ware liefde nie, maar op harde orde. Keur Ek dit goed as orde-reëling in groot gemeenskappe? Ja, wel vir die doel dat almal herinner word aan wat die Liefde onder hulle vra, maar nie as tugmiddel om te voldoen aan ‘n sekere daad op ‘n sekere tyd nie. Wees daarom nie ‘n opvoeder wat met harde slae My klein kindertjies roep om verantwoording van hulle tyd en gedagtes nie. Help hulle eerder om My te vind in die tye van die dag wanneer hulle harte daarna verlang. Amein.

Patrone het verder ‘n doel op hierdie aarde as skeppende krag. Deur vorms en herhaling daarvan te gebruik word items bruikbaar gemaak. Ek wil dat hierdie vorms deur My Liefde gedryf en gelei word. Moenie iets skep sonder om na My te keer vir die insig in die korrekte vorm en herhalende element daarin nie. Die beelde uit My sal die korrektes wees om die werking van die item in Liefde tot nut te maak. Amein. 

Verder is daar verwysings na manlike en vroulike patrone op hierdie aarde. Dit is korrek vir die praktiese gebruik daarvan. Om iets te koppel aan ‘n geslag dui ‘n gebruik daarvoor aan en daarmee wil Ek hê dat die geslag dit moet heilig tot My. Patrone as eenhede van identiteit het geen waarde as Ek dit nie seën nie. Ek vra daarom van ontwerpers van patrone en gebruikers van patrone om My seën oor die skeppings te bid, sodat die geestelike bestaan van die persoon daardeur nut beleef, eerder as wat die vlees verleiding daarmee bewerk. Amein.

Om patrone te gebruik om kinders van My Liefde te verlei tot verkeerde handelinge en gedagtes wat hulle nader aan My teenpool bring, lê die grootste las op die skouers van daardie ontwerper. Daardie las sal met jare van versoening eers gebreek kan word en die siel weer vry wees om My in nederige liefde te dien. Indien ‘n siel leer om homself te verdedig vir die verleiding wat hy bewerk het, sal die las nie gebreek word, alvorens vele pyniging geskied nie. Amein.

Ek wil dus hê dat wanneer My kindertjies se opvoeders aan patrone dink, My Skeppingswondere en Liefde die grootste aandag moet geniet by die ontwerp van patrone, vorms en idees. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205