BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 5

Hierdie TWAALF STAMME het ‘n VERBONDSVOLK geword waarmee Ek regdeur al die eeue wonders laat gebeur het, profete geroep het en lig op die aarde neergelaat het. Elke volk op hierdie aarde moet SY EIE ERFENIS bewaar om sodoende ‘n onverstoorde FONDASIE VIR SY NAGESLAG te bied, hetsy deur vertellings, geskrifte of versamelings goedere. Dit is in MY WIL EN ORDE dat elkeen MY WARE LIEFDE onder mekaar sal vind en uitleef. Elke volk het egter nodig om haar by haar eie besit te bepaal en nie ander volke te vermeng met sy skat nie.

Net so het Ek Israel telkens geroep om bekering van vermenging, sodat My suiwer geestelike skat in hulle kon groei. Net soos wat DNA uniek aan ‘n persoon is, so is My erflating uniek aan elke volk en die vrye wil bly die dun lyn tussen goddelike krag en vernietigende erfenis. Vertel My kleintjies van al die volke dat Israel die voorbeeld van verbonde bly en dat enige volk haar tot My kan rig om redding van laste te ontvang. Ek sal die volk tegemoet kom as sy haar hart op MY LIEFDE AS ROTS EN ANKER plaas. So sal MY LIG oor die heelal uitspruit soos plante in die lente uit nat grond.

Verkondiging van My Woord dien ‘n goeie doel onder volke wat reeds tekens van diensbaarheid en liefde toon, maar andersins is daar steeds net onreine hoogmoed en ydelheid wat die siele vasketting aan My teenpool. Moenie gaan waar Ek jou nie stuur met My Woord nie. Amein.

My kleintjies het net nodig om hulle te bepaal by die ERFENIS VAN HULLE EIE VOLK, sodat Ek daarmee My tabernakel in hulle hart kan oprig. Wanneer daar met ywer gebeure en woorde gememoriseer word, kan die hart die raamwerk tooi met grootser, monument-agtige waardering. Indien die ruimte van HERKOMS leeg gelaat word in die gemoed van ‘n kind, sal hy droombeelde uit My teenpool se verbeeldingswêreld of die herkoms van ander nasies soek om sy raamwerk vir waardering te bou. Maak MY HAND in jou volk se bestaan die sterk raamwerk van jou nageslag se geestelike huis. Bou saam aan daardie huis deur gedoop te word in My JAHWESHUA-MIRIAM-GEES Naam en jou gesin se lewens aan My op te dra. Amein.

Hierdie raamwerk van die twaalf stamme in MY ISRAELVOLK is die goud van al die eeue werd in die behoud van My kinders se siele. Sonder hierdie erfenis sou geen gelowige sy lewe kon aflê met goeie geloof dat Ek vir sy geliefdes sou sorg nie, maar omdat die wêreld die twaalf stamme kon behou deur oorloë, geloofsteisterings, slawerny en noodlottige gebeure deur, was vlees oorkombaar, soos ook tydens My dood. Verlossing het met My dood gekom vir die erfsonde van ewighede gelede, maar ook vir volke wat teen My Liefde gedraai het en hoogmoedige hardheid hul harte laat verower het. Ek was die martelaar vir elke hart op hierdie aarde.

Ek strek MY HAND uit in die OERGRONDPOOL van LIEFDE na elkeen wat hierdie BOEK sy eie maak en sy verlossing van die vloek van eieliefde daarin vind. Hê My, die Skepper van die heelal lief, My kinders, en leer My kleintjies die ONSE Vader bid, sodat hulle almal sal weet dat hulle ‘n Enige Vader in die hemele het en ‘n naaste volksgenoot op die aarde. Laat die naaste-beginsel vir hulle uitgebeeld word deur plante en diere wat elkeen geskape is volgens sy soort. Toon aan hulle families van plante en diere wat ‘afstam’ van die tipe, maar steeds die tipe familie heilig deur RASEG EN APART te bly. Leer hulle hoe om akkers, gewasse en diere met skeidslyne te help om ‘n sterk besetter van grond te word en hoe om diere uit te keer en plante van indringers te suiwer, want so sal hulle leer dat harde handelinge en streng besluite sterker, geseënde resultate en saad oplewer. Wees ‘n voorbeeld deur apart te bly van ander gelowe en bose invloede. Amein.

Redding van slawerny het ‘n nuwe fase vir MY VOLK ingehou in die woestyn. Dit was ‘n suiweringstyd waarin elke liefdelose, waarderinglose siel moes struikel sodat die regte leiers na vore kon kom om My Volk na Kanaän te lei. Wees ‘n voorbeeld van ootmoedige waardering en dank in MY HUIS. So sal jy saam met My kleintjies die Kanaän in julle lewens ontvang waar vrugte van een boom talle mense kan voed en onbeperkte hulpbronne gevind word om aan behoeftes te voldoen.

Ek spreek seën oor elkeen wat in geloof hierdie BOEK sy eie maak uit, dat My kleintjies deur die ware lering My ryker sal word in hulle nuwe land. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205