BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 13

Lug in die Atmosfeer

Hiermee lei Ek ‘n besondere insiggewende hoofstuk in vir die wat My liefhet en My werklik wil vind in alles om hulle. Ek wil meer Lig werp op die lug om julle, waaruit julle lewe spruit in die vorm van suurstof en lewenskragte wat julle heilig voor My. Die oormaat suurstof in lug, ten opsigte van water, is nie die enigste rede waarom lewendes net in lug kan lewe nie. Ek het vele ander lewensmiddele in lug geplaas wat die mens en lewende diere benodig om gesond en vol krag te bly. Amein.

Kyk maar eenmaal na ‘n insek wat in ‘n huis vasgekeer raak en vele vrae en antwoorde begin opduik. Die insek verloor sy krag binne enkele ure en verlaat so ook die lewe. Julle as mense beleef dieselfde oor ‘n langer tyd, aangesien daar groter hoeveelhede vlees is wat lewenskrag kon stoor as by ‘n insek. Hierdie is ook die rede waarom ouer mense meestal vinnig verswak en die lewe verlaat. Hulle word nie genoeg blootgestel aan die lewegewende lug buite huise nie. Bring nou ‘n lewende voor My en Ek wil bespreek wat Ek tot lewe gegee het as beginsel vir onderhoud van ‘n lewende liggaam. Amein.

Die lewe wat Ek in ‘n siel blaas, bestaan waarlik uit die samestelling van My Gees in die omtrek. Indien naby gekyk word na enige gesonde lugdeeltjie, sal vele lewende organismes daarin gevind word, sowel as eteriese krag-elemente, wat te klein is vir die oog om te sien. Dit is hierdie krag-elemente wat deeltjies is van My Gees wat aan alles lewe gee en so ook die heengegane geeste dra tot by hulle nuwe bestemming of liggaam van rus. Hierdie dele is wat alomteenwoordigheid inhou en waarin die geestelike oë hulle beelde beskou, soos wat die aardse oë water benodig. Dit is nie die son se strale wat die oë soms opmerk rondom hom nie, maar die ware ‘lewe’. Hierdie lewe is die lewe wat Ek ook in liggame blaas om onophoudelike werk te verrig, ‘n vervoermiddel van gees te wees en kragtige versterking te bied aan siele wat die gebruik van die liggaam heilig. Dit is ook om hierdie rede wat genoeg blootstelling aan die buite-lug die liggaam baat in versterking en suiwering. Word daarom wakker as slapende uit ‘n rustende, trae toestand en gebruik beweging in die buite-lug om meer van My in jou op te neem en so meer krag in jou siel te genereer. Amein.

Hoe werk hierdie dele, vra julle as My kinders en knegte? Elke stukkie van My wat so lewend om julle beweeg, dra Krag as eenheid in die kleine, maar bly tog deel van die Grootsheid van My. Dit beweeg onkeerbaar in elke ruimte in, maar die versterking van die sonlig, maak dat die deeltjies met meer Krag voortbeweeg en reinig en voed, waar dit ook al met vlees in aanraking kom. Amein.

Gebruik hierdie kennis om julle liggame en siele gesond te hou en word werksaam in die ooptes van die buite-lug. Deur julle energie so te verbruik, vermeerder dit tienvoudig, daarom is edele werk enige werk waar My krag die mens binnestroom in diens van Sy naaste. In die ruimtes buite vestings is naastediens baie makliker te onderskei van diens vir eie belange. Binne vestings moet daar altyd oorweeg word of die gevolg van die diens die siel traer sal maak, al dan nie. Vind My daarom in die natuur in meer as klank en kleur en lewe. Vind My in die kosbare, lewegewende lug wat die liggaam omvou en krag gee. Amein.

Ek wil graag hê dat julle hierdie ‘n daaglikse belewenis vir My klein kindertjies moet maak in die diens wat hulle by julle moet leer verrig. Dit sal geseënd wees as versterkende dade van Vrede, wanneer die siele aangemoedig word om in My ooptes te werk. Amein.

Maak daarom die natuur deel van My kindertjies se leervertrek. Gesels en getuig van My en geniet die lug as ‘tasbare’ teenwoordigheid van My Gees om julle. Vind dit in julle, soos ‘n ballon wat vol lug is, met die verskil, dat die lug sirkuleer en nie vasgekeer is binne die mens nie. Is suurstof waarlik so ‘n groot element van lewe soos wat die wetenskap dit meedeel? Ja, maar besef dat die Eenheid van die suurstof tesame met die liggaam lewe gee en nie suurstof alleen nie, dus is die opnamehouer nodig om die Lewe in hom te dra en kan die Lewe nie homself vertoon sonder ‘n houer nie. Hoe kan die lewe dan geneem word van ‘n persoon? Deur die keer van vernuwende krag wat deur die lug die opnamehouer binnestroom, raak die opnamehouer swak, soos in ‘n toestand van rus, en daarom sal die lewende siel daarbinne deurbreek na waar dit weer kan lewe en beweeg. Net so is ‘n saadjie in ‘n toestand van rus en sodra My Liefde dit binnestroom in die vorm van Water en Lug, gebruik dit die lewende krag om nuwe lewe te vorm. Amein.

Ek wil hierdie insig toevoeg tot die leersituasie, sodat die hemelse beginsels vir gesonde siele My kindertjies sal baat in die ontwikkeling van hulle siele tot volwasse siele voor My. Met hierdie leerstof wil Ek alle houvas van My teenstander op My kindertjies se siele breek en insig vergroot, dat Wysheid soos saadjies uit goeie grond sal ontkiem. Wanneer die begrip terugkeer na My kinders, in watter mate Ek lewend onder julle vertoef en hoe betrokke Ek is, sal daar soos in Adam se dae weer eerbied van julle kant en seën van My kant in die vryheid van Ons Eenheid geskied. Amein.

My klein kindertjies moet die lewe van LUG voel binne hulle en daarom beweging en oefening geniet. Hulle moet die waarde van LIG insien deur die invloed daarvan op lewende dinge te ondersoek en LUG as kraggewende bron gebruik in hulle daaglikse opvoeding. Amein.

Wees getrou in julle diens aan My en My kindertjies en Ek sal julle met ewige seën beloon. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205