BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 10

Hoekom loop die draaie van My sterfte tot in die doderyk? Het Ek nie die lewe in My gehad nie, maar helaas moes Ek ook die dooies aandurf in die doderyk om My smetteloosheid tot in die laagste te laat vloei, waar dit ook die duisterste siele op hulle kettings en bande kon wys. Vol skaamte het hulle inmekaargekrimp in My Lig en weer verlang na vryheid van gees. Ek het dit aan hulle belowe as hulle My hulle draaipunt van bestaan kon maak.

Maak daarom My kinders bewus van die heelal se werking, van die son as middelpunt en die aarde met planete en sterre daarrondom. Vertel van verre sterrestelsels en vertel van die dieptes van die aarde wat holtes het en waar My teenpool se siel gekluister is. Vertel My kleintjies dat EK gekom het om alles te omvorm na die lig van die son, wat na aan My beeld is vir hulle en vertel hulle dat hulle lig ook so moet skyn dat almal hulle eie vuil in die sonlig moet kan raaksien. Vertel dat die son nie praat met teregwysings nie, maar met vrolike stiltes vol lig. Wees soos julle son wat alle ruimtes ligter maak as wat dit was, voordat die son nader beweeg het. Vertel hulle van dag en nag en dat Ek in die nag die aarde laat rus van haar selfondersoek, dat dit die tyd is van nabetragting en lofprysing, sodat die nuwe môre vol krag, nuwe ywer en lewe kan meebring, waarin die dag se groei sal plaasvind. Beleef daarom die nag as die begin van ‘n nuwe tydperk, net soos wat winter eerste die grond voorberei met rus en somer dan volle bloei en kragtige vrugte tot gevolg het. Die dag in jou lewe is die kans om uit te leef wat jy bymekaar kon maak in die nag. Beplan daarom vooruit om julle lampies vol olie te hê in die nag wat kom, want dit bepaal waar jy sal wees in die DAG wat daarop volg.

Amein.

Al my Liefde stel Ek tot julle beskikking in die versameling van olie. Hierdie Nuwe Bybel se riglyne is die ANKER VAN VERLOSSING en Ek is die WATER VAN LEWE waarin jou Ark dryf. Laat jou water rustig wees deur te verlang na nuwe lewe in My. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205