BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 14

Water op die aarde

Waters is reeds bespreek as geestelike sagmaakmiddel op hierdie aarde. Verder het water ‘n doel as lewensmedium, waaroor nog nie veel gesê is nie en ook ‘n doel tot omvorming van een aard na die volgende. Die lewensmedium waarin lewende dinge hulself bevind is nie net gevul met My Krag soos die Lug nie, maar met My Gees van Barmhartigheid, Miriam. In die water het die volume-krag verhouding nie meer soveel nut en sin soos in die lug nie. Om hierdie rede is beweging makliker en spoed nie verbind aan die wil op dieselfde manier as op die aarde nie. Ek het al hierdie in My orde en wil neergeplaas, ook dat daar op die aarde meer water-area’s as land-area’s is, om te toon dat die Gees in ‘n baie groter mate beskikbaar is, as hulpbron binne die mens as die Wil van die mens tot homself en sy eie kragte. Amein.

Om hierdie beter te belig, vra Ek elkeen wat hier lees om vertroue en geloof te beoefen, soos wat hulle wilsbesluite beoefen in hulle lewens. Die vreugde sal spoedig daaruit voortvloei dat My sorg onbepland en onvoorwaardelik op hulle neerreën, soos wat water as versagter van bewegingskrag, waterliggame help beweeg en massa verlig. Net soos wat dit in die vleeslike uitgelig word deur water se invloed op materie en in die geestelike deur die vleeslike sorg wat Ek laat voortvloei uit die vertroue en geloof wat Ek vra, dra dit nog ‘n veel dieper waarde en dit is die eenword van die siel met die water om dit as versorger en verligter van laste te waardeer. Indien elkeen kan insien dat om in water (Gees) ander van hulp te wees, hulle onderdompel in die watermassa van Barmhartigheid, sal die eenheid wat Ek verlang van My Kinders en die geestelike sorg, voeding en groei wat Ek wil bied aan My Kinders sonder grense vergroot. Dit is My Wil en wat Ek van elkeen vra in die OERGRONDPOOL VAN MY LIEFDE, die Water om julle. Amein.

Hierdie Water moet op maniere aan kinders voorgestel kan word. Die beste en maklikste om hierdie les te toon is deur die eie beweging in ‘n watermassa, maar indien dit nie moontlik is nie, sal die gebruik van ‘n diep houer toon hoe stadig iets val in water as dit vergelyk word met die spoed waarmee iets val op hierdie aarde. Verduidelik dan dat die val wel die neerdaal tot ‘n laer sielsvlak beteken en dat die gees die draer is van die siel om dit as te ware stadiger te laat neerdaal en te dra op die vorige vlakke. Dit kan egter nie die val keer nie, net vertraag. Die val is gekoppel aan die krag waarmee die siel gekoppel het aan verharde materie. Indien die hardheid weer wyk, sal die siel weer deur die water na bo gebring kan word. Amein.

In hierdie les moet al die geestelike aspekte met die kind bespreek word in verharding wat verkeerde gedagtes en handelinge (dus teen die Liefde van My en die naaste) behels. Ook wat neerdaal en opstyg beteken en laastens dat die Gees die helpende middel is tot redding (sigbaarmaking) van die siel. Soos wat die kind dan begryp dat siele wat neerdaal na die bodem van die waters toe onsigbaar raak in die gees en laer daal as waar hulle begin het, moet dit uitgelig word, dat dit ook lank voor hulle aardse lewens gebeur het en dat daar nou baie meer diepte is om uit gelig te word as vir die item wat gedaal het in die houer. Die enigste manier is om die water (My Gees) toe te laat om die siel sag te maak, sodat die water (My Gees) dit kan toelaat om weer na die oppervlak terug te keer en Krag uit die Lug (Myself) te put. Amein.

Ek wil dat hierdie ‘n duidelike beeld in elkeen van julle se harte word oor die Barmhartige hulpmiddel (Miriam-Gees) wat Ek vir julle agtergelaat het. Wees dankbaar en word een met haar in julle handel en wandel, sodat die krag van die water en waarheen dit julle wil voer vir julle duidelik word. Ek bied die volmaakte omgewing om julle te voed en diensbaar te maak as julle wil dit toelaat. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205