BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 12

Edelstene

Hoe die siel na ‘n edelsteen kyk, beïnvloed die gebruik en nut wat die siel daarin vind. Indien die siel se geestesoë op My gerig is, sal daar met ‘nuwe’ oë na die steen gekyk word. Die waarde in die stene is soos reeds genoem, omvorming deur jare se diensbare toestand tot iets kosbaars vir almal om te bewonder en te waardeer en steeds hou die diensbaarheid in daardie toestand nie op nie. Dit is as te ware ‘n bekroning op die harde siel se jarelange toewyding aan My Wil daarvoor, ook om My te verhoog in die voortbestaan in daardie toestand. Wanneer so ‘n mineraal dan uit die oorspronklike plek verwyder word, moet My seën eers daaroor afgebid word, aangesien die mens wat dit neem, inmeng met die wil wat Ek vir daardie sieledele beskik het. Dit is nie ‘n oortreding nie, maar ‘n inmenging in die orde wat Ek vir daardie siele wou hê. So is dit vir elke mineraal op hierdie aarde. Dit het ‘n natuurlike doel in die diens van My en die aarde se behoeftes op die aangewese plek, maar indien die mens ‘n ander doel daarvoor bedink en dit verwyder, verplaas of hergebruik, kan dit net tot seën van die mensdom en aarde wees, indien Ek in die saak geken is en My seën daarop gevra is.

Leer My klein kindertjies dus om met respek na al die natuurbronne te kyk, dat dit wel bestaan, omdat Ek dit wil. Indien My wil daaroor verander, sal die verskynsel ook van voorkoms verander. Indien daar dus versoeke van die mens se kant na My gerig word oor die gebruik van bronne en seldsame minerale, sal Ek die insig gee in hoe om dit te verwyder en hoe om dit te gebruik, sodat die siele steeds eervol tot My kan keer. Amein.

Die respek en Liefde waarmee omgegaan word met edelstene, is van uiterste belang in die siele wat daarin vasgevang is, se pad in die ewigheid. Indien die edelsteen verering en bewondering geniet van almal wat dit beskou, is daar ‘n groot te nakoming van die orde waarin dit op die aarde geplaas is. Dit is nie daar om My plek in harte in te neem nie en vertroebel die vasgevange siele se uitstraling na My. Hulle orde word versteur en het baie tyd nodig om weer tot nederigheid te herstel. Ek wil dat daar na My gebid word om My seën oor die steen se bestaan te plaas en dan met bewondering na My werke te verwys in die plek van die kosbaarheid van die steen self. Amein.

Namakings van stene en hulle doel vir gebruik is meestal tot ydelheid gerig en daarom keur Ek dit geensins goed nie. Diensbare doele van enige steen of item is die allerbelangrikste hulpmiddel om alles op die aarde na My Liefde te keer. Indien Ek nie die middelpunt van alle bestaan is nie, kan My heiligheid nie daaroor uitgeroep word nie. Kyk dus na die materie met oë wat wil heilig en bid dit toe op alle hulpmiddels in jou vesting of omgewing, sodat Ek die werking en vloei van My Krag daar kan seën. Amein.

Om mense en vestings te salf het dus hierdie doel, naamlik dat alle elemente in die bestaan van die mens of vesting geheilig sal wees aan My diens en daarom ‘n geestelike verhogingskrag het in die take wat daaraan toegeskryf word. Ek wil dat alles opwaarts groei of neig na My en wil My seën daarvoor gee, maar kan slegs indien Ek daarom gevra word. Amein.

My Kindertjies se opvoeders moet hierdie in gedagte hou wanneer daar lesse gegee word oor die gebruik van alle hulpbronne en vestings op hierdie aarde. Indien My seën afgebid is oor die gebruik van die materie tot nut en diens van siele, sal daar geestelike groei en vryheid uit die gebruik daarvan spruit. Indien daar ydel versamel is aan alles wat pronk in en rondom die vesting of in die tentoonstelling van die elemente, sal dit kluistering, bande en verhoging van My teenpool se krag tot gevolg hê. Amein.

Edelstene het elkeen ‘n bepaalde doel en funksie en kan gevind word in My Liefde. Elke kleur verwys na ‘n waarde en word so in lyn gebring met aspekte van Myself tot verhoging van die siele wat dit gebruik. Kyk daarom met oë wat die geestelike daarin opsoek en wil benut, eerder as met oë wat vererend en ydel verlang na prag en praal. Amein.

Ek sal die gebruik van die edelstene seën as die nederige versoek van die hart is om My daarmee te verhoog. Amein.

Die mens se waarde lê egter in al die onsienbare en nie in die gebruik van verfraaiing van die liggaam deur middel van enige asemrowende omvouing en optowering nie. Ek kan dus net vryheid van diens en Liefde gee as die persoon My die plek in die hart gee, wat dit sal verseker. Amein.

Word nie ydele navolgers van gebruike en aardse simbole nie, maar soek My in die uitkies van enige items tot nut en diens van die mens. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205