Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 11

Wat is jou doel op aarde?

Het jy al nagedink oor die doel van jou bestaan? Ek het aan Adam die opdrag gegee om te vermeerder, die aarde te vul en daaroor te heers en deur hom dus ook aan jou. In hierdie materiële wêreld gaan jy ‘n beroep beoefen, trou en kinders verwek, maar ook moet jy My dien in jou daaglikse wandel. Om dit te bereik is daar in die Bybel talle voorbeelde om na te volg.

Moses is deur My Voorsienigheid veilig bewaar, sodat hy My uitverkore volk uit Egipteland kon lei. Hy was sagmoediger as al die mense en tot hom het Ek gespreek om My gebooie aan die volk bekend te maak.

Deur beproewing het Ek Josef bewaar om aan die Egiptiese koningshuis diens te doen. Toe hy deur ‘n verleidster versoek word, het hy vasgehou aan die Woord waarmee hy grootgeword het en het van die verkeerde weggevlug. Ek het hom geseën met heerskappy oor die Egiptenare.

Dawid was ‘n man na My hart. Reeds as jong seun het hy ‘n onwankelbare geloof en vertroue in My gehad. Hierdie geloof het hom sonder huiwering voor Goliat laat staan in die wete dat Ek sy Krag en Sterkte is.

Aan Salomo het Ek rykdom en eer geskenk, toe hy hom afgewend het van die wêreldse dinge en My wysheid gevra het. Net so het Daniël en sy vriende gekies om My te dien te midde van dreigemente. Selfs die leeukuil en vuuroond het hulle nie die knie voor afgode laat buig nie.

Sal jy ook soos Josef, Salomo en Daniël My kies bo wêreldse genot en die eer van mense? So is daar ook die profete wat staande gebly het te midde van ‘n wederstrewige volk wat agter ander nasies en hul afgode aangeloop het. Met hulle het Ek gepraat en deur hulle vele waarskuwings aan die volk gerig. Ja, hulle was almal mense soos jy en het foute gemaak, maar wanneer iemand nederig en opreg na My kom en bely, sal Ek hom nooit afwys nie. Daarom, leer van hulle, bou op die positiewe eienskappe en maak dit jou strewe om die negatiewe te oorkom. Ontwikkel die Moses, Josef, Dawid en Salomo in jou deur hulle eienskappe uit te leef. Amein.

Hoofstuk 12

Kom na My

‘Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle vrede gee.’ So, My geliefde seun, nooi Ek jou nou. Ek, JaHshua, is jou Vader, Skepper en Verlosser. Ek wil ook jou Alles word, soos jy My alles is. Amein.

Bring na My al jou laste en kommer en Ek sal dit vir jou dra. Neem dan My juk op jou, want My juk is sag en My las is lig. Soek My en jy sal My vind, want Ek staan reeds by die deur van jou hart en wag om binne genooi te word. Maak oop en jy sal vind, Ek is die Lig vir jou pad. Ek is die pad wat jy moet bewandel, want niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Ook is Ek die Waarheid, want eers in My vind jy ware lewe. Amein.

Maak My Gees lewend in jou deur die liefde vir My en die uitlewing daarvan deur ook jou naaste, volksgenote, in liefde te dien. Dit is dan wanneer My Wysheid in jou sal vermeerder en die gawes van die Gees in jou werksaam sal word. Kom in die volle geloof en vertroue dat redding en verlossing ook vir jou is. Bely in nederige opregtheid jou sonde en neem die verlossing wat Ek jou bied aan, sodat jy kan lewe. Klee jou met My wapenrusting en wees bereid om vir My te getuig in jou daaglikse omgang met ander. Die een wat My voor die mense bely, hom sal Ek voor My Vader in die hemel bely. Amein.

So word jy, seun van God, ‘n pyl in jou vader se koker en is jy vir jou moeder ‘n vreugde en trots. Vind in My jou Weg, Waarheid en Lewe en laat My toe om vir jou die Liefde, Lig en Lewe te wees. Amein.

Anker in My, as die Ewige Rots en Vesting, jou lewe. In jou hart neem jy My oral met jou saam as jou Raadgewer, waar jy vind die Wysheid, Liefde en Krag. Amein.

Ek is die Saaier wat My Woord saai in die aarde van jou hart. Dit is die akker wat jy moet bewerk en waar alle onkruid uitgeroei moet word, sodat My Woord en Liefde in jou kan groei tot ‘n boom van Lewe. Amein.

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205