Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 5

Waarmee sal jy jou pad suiwer hou?

In vandag se lewe draai alles om geld. Geld word beskou as die middel tot lewe, want daarmee kan alles gekoop word wat nodig is. Baie min mense dink daaraan, of lees dit in hul Bybels dat Ek gesê het Ek weet wat julle nodig het voordat julle vra. Dit beteken nie dat almal nou moet ophou werk nie, dit beteken dat almal My meer moet soek, ook terwyl hulle werk.

Hoeveel tyd spandeer jy aan My? Net ‘n kitsgebed nou en dan, of wanneer jy in nood is? Of dalk net tydens godsdienstige byeenkomste terwyl jou gedagtes dwaal na die week se aktiwiteite? Jy sal nooit die pad na My vind as jy My nie in gebed kom opsoek en uit liefde vir My, My Woord bestudeer nie. By My gaan dit nie daarom of jy slim, ryk, sterk of mooi is nie. Ek het jou lief soos wat jy is en Ek het vir almal aan die kruis gesterf. Kom na My en Ek wys jou die weg wat jy moet gaan. Soek eers na My en My Koninkryk en alle ander dinge sal vir jou bygevoeg word. By My is alles wat jy nodig het te vind. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205