Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 8

Eersug

08/05/2009

Eersug, My geliefde seun, is net soos hoogmoed ‘n euwel en vir baie ‘n bron van struikeling. Dit is die voortdurende sug en strewe om deur mense geag te word. Dit is iets wat reeds by klein kindertjies te sien is wanneer hulle iets doen om aandag te trek en dan in ‘n woedebui uitbars, sodra hulle nie hul sin kry nie. By groter seuns is dit die voortdurende kompetisie om beter te doen as ‘n ander. Om sterker, vinniger of slimmer te wees, sodat ander hom moet raaksien en eer. Slaag dit nie, sit dit om in toorn en word dit die dryfveer om later selfs dinge te doen wat hul weet verkeerd is. Dan word daar geëksperimenteer met euwels soos rook, drank en dwelms. Dit is alles dinge waardeur die bose ‘n houvas op My kinders verkry, sodat hulle ontaard in gewelddadige en humeurige grootmense.

Waar, My seun, pas jy in hierdie verhaal? Is dit vir jou belangrik om altyd deur mense gesien en geprys te word of is dit vir jou genoeg as Ek vir jou sê dat Ek jou liefhet? Ek het nie robotte gemaak wat almal dieselfde moet wees nie, maar het mense geskape wat elkeen uniek is. Daarom is dit nie nodig om altyd in alles eerste te wees nie. Wat help dit om al die wêreldse aktiwiteite te bemeester en aan jou siel skade te ly? Ontwikkel jou geestelike gawes en jy maak vir jou skatte in My Ryk bymekaar, want wie eerste is, sal laaste wees en wie laaste is, sal eerste wees. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205