Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 10

Vriende

18/05/2009

Vir jou wat hier lees wil Ek weer sê, kies jou vriende en vriendinne met groot sorg. Baie mense het al tot ‘n val gekom as gevolg van verkeerde vriende wat hulle mislei en verlei het en was agterna baie spyt, omdat hulle deelgeneem het aan die verkeerde. Die enigste manier om dit te voorkom is om My deel te maak van jou daaglikse lewe en My te ken in alles wat jy doen.

Neem ‘n paar oomblikke en maak ‘n lys van dié dinge wat julle vriendinne altyd saam doen. Oorweeg elke saak met eerlikheid en daar sal al klaar vir jou ‘n lig opgaan. Is dit waaroor julle gesels opbouend, of skinder julle van ander? Oordeel julle ander se doen en late sonder om te let op wat julself doen? Praat julle heeldag ydele praatjies oor modes, klere en seuns? Wat doen julle vir vermaak en watter plekke besoek julle? Is rook, drank of dalk dwelms deel van julle aktiwiteite? Watter tydskrifte en boeke lees jy? Daar is soveel om op te noem dat Ons ‘n hele boek vol kan skryf. Neem net een dag in oënskou en oordink elke oomblik – was Ek deel daarvan of sou jy verkies dat Ek tuisbly?

My dogter, hoe is jou verhouding met die seuns en jong manne van My volk? Maak My die basis van jou vriendskap en volg My Woord en wil. Wees altyd wel gekleed en ingetoë sonder die uitlokkende houding van ‘n Delila wat daarop uit is om te verlei. Kies jou vriende onder dié wat My ken en Ek sal jou lei na die regte lewensmaat. Bewaar jou maagdelikheid, bly rein en laat die huweliksdaad bly vir die huwelik, want dit is hoe Ek dit wil – ‘n daad om kinders te verwek. As reine maagd dra jy die beeld van My volk as bruid met wie Ek in die huwelik wil tree, onbesoedeld en vry van enige afgodery. Amein.

Nou is jy nog ‘n dogter in My volk, maar met jou huwelik, met die man wat Ek aan jou sal gee, word jy vrou en moeder van My volk. Deur jou word ‘n nageslag gebou en gaan dit jou plig en verantwoordelikheid wees om jou kinders van My te leer. Dit sal jy net kan doen as jy My waarlik ken en weet wat My Woord en Wil is. Maak My deel van jou daaglikse lewe, getuig van My en leef die liefde teenoor almal uit. Neem jou Bybel, soek en lees alles wat betrekking het op die vrou en dogter, oordink dit biddend en die res sal maklik volg. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205