Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 9

Tyd is Liefde

Waarmee, My liefste dogter, verwyl jy jou tyd en hoeveel spandeer jy aan My? Daar is vandag soveel dinge waarmee jongmense hulleself vermaak en besig hou dat hulle vergeet van hul Verlosser wat verlangend wag om met hul te kan praat. Baie keer is dit net ‘n kits-gebed nou en dan, of wanneer die nood druk, soms ‘n bietjie langer. Ure word spandeer voor die TV of rekenaar op programme en aktiwiteite wat nie opbouend is vir jou siel en My ook nie tot eer strek nie. In dié programme word wêreldse plesier uitgebeeld wat daarop ingestel is om vleeslike genot, eersug, hoogmoed, ydelheid, dronkenskap en brassery voorop te stel en waarin egbreuk aan die orde van die dag is. Hierdie dinge is alles maniere waarop die bose sy kloue in My kinders slaan en hulle mislei.

Gewelddadige rekenaarspeletjies word gespeel en die oorwinning word behaal deur ‘n ander persoon te dood. Wat word van die gebod van die naasteliefde en ‘jy mag nie doodslaan nie’? Nee, My kind, sulke spele is nie van My nie, maar wel van My teenstander. Hy word nie verniet ‘n dief en mense-moordenaar genoem nie, want hy leer nie net die verkeerde nie, hy vermoor ook jou siel en gees deurdat dit in jou innerlike ingebrand word. Dit wat jy voortdurend sien en bedink is wat jy word. Daarom sê Paulus: ‘moenie wêreldse dinge bedink nie, want vriendskap met die wêreld is vyandskap met My’. Ook is Ek nie tevrede met net ‘n paar weggooi-oomblikke van jou tyd nie. Ek is ‘n jaloerse God en wil jou net vir Myself hê. Hoe meer tyd jy aan My spandeer, hoe meer sal jou liefde vir My groei en hoe helderder sal My Lig in jou skyn. Onthou, tyd is liefde. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205