Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 1

Wie is jy?

11/05/09

Maagdelik rein, dogtertjie klein, het Ek jou gelê in jou moeder se skoot. ‘n Geskenk uit My hand om deur haar gelei te word na My. Amein.

Kunstig het Ek jou liggaam aan mekaar geweef as houer van jou siel en gees. Jou liggaam is materie wat verouder en na afsterwe vergaan. In die siel is jou menswees gesetel – gevoel, emosies, idees en gedagtes. Maar in jou gees My kind, het Ek ‘n vonk van My Liefde geplaas, sodat jy My kan soek en vind.

Ook is jy na My goddelike beeld van Liefde, Wysheid en Krag geskape. Jy is vanuit en deur My Liefde geskape. In My Alwysheid het Ek bepaal dat jy nou in hierdie tyd lewe en deur My Krag het Ek aan jou lewe gegee.

Niks omtrent jou lewe is toevallig nie, want jy is deel van My groot Raadsplan - ook die goed en die sleg. Die mens is die kroon van My skepping. Daarom is jy, anders as die diere wat bloot op instink reageer, geskape met ‘n eie wil om te kan kies wat jy wil doen. Menigmaal moet jy dan ook die slegte gevolge van ‘n verkeerde keuse dra. Dit is hoe jy leer om die regte keuses te maak, deur My in alles te ken. So moet jy ook kies om My te wil dien of nie. Kies jy My, is daar baie om te wen. Kies jy om die pad sonder My te stap, plaas jy jouself buite My beskerming en sorg. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205