Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 12

Kom na My toe...

Kom na My toe met al jou kommer, sorge of pyn. Bring al jou sonde en Ek was jou skoon en rein. Ek is die Almagtige en niks is vir My te groot of klein. Neem dan My juk op jou, want My juk is sag en My las is lig. Vra na My en Ek sal jou pad verlig. Amein.

Ek is jou Vader en Verlosser, die Een wat jou liefhet bo almal. Vir jou het Ek aan die kruis gesterf en gered van verderf. Vind in My jou weg, want Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe en niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Amein.

Laat My Gees lewend in jou word deur jou liefde vir My en die uitlewing daarvan deur jou naaste ook in liefde te dien. So sal jy insig verkry en wysheid vermeerder, want dit is deur te gee dat jy ontvang. Die gawes van die Gees sal in jou werksaam word as jy met volle oorgawe en geloof glo dat redding en verlossing ook vir jou is. Klee jouself met My wapenrusting en wees bereid om van My te getuig. Die een wat My voor die mense bely, hom sal Ek voor My Vader in die hemel bely. Amein.

Wek in jou die Sara-, Debora-, Ester-, Maria- eienskappe en vra My dat Ek jou help en daarin lei. So word jy een met My as jy altyd in My bly. Maak My jou Anker en jou Rots waarop jy jou lewe bou en Ek sal jou in My arms toevou en vir My behou. Amein.

‘Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal jou vrede gee.’ So, My liefste dogter, nooi Ek jou nou. Moenie wag of huiwer, want Ek wag op jou. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205