Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 8

Wie eerste is sal laaste wees

17/05/2009

My dogter, nou wil Ek met jou praat oor iets wat vir baie mense ‘n groot probleem is, dikwels sonder dat hulle dit eers self besef. Dit is eersug. Wat is eersug anders as die voortdurende begeerte om deur ander mense gesien en geëer te word? Dink jy dit was die beeld wat Ek uitgestraal het toe Ek op aarde was? Ek sê vir jou, nee glad nie. Ek was nederig, het in ‘n huis grootgeword waar net die nodigste was. Ook tydens My omswerwinge saam met My dissipels het ons niks met ons saamgeneem nie, want vir My het dit nie daarom gegaan om deur die mense gesien te word nie, maar om die boodskap van Verlossing en Liefde te verkondig.

Is dit vir jou baie belangrik om deur die mense raakgesien te word, veral tussen jou vriende en vriendinne? Doen jy soms dinge sodat mense jou moet raaksien? By dogters kom dit veral na vore by die voortdurende begeerte na mooi klere en die navolg van die nuutste modes. Baie ouers laat hul dogters toe om reeds op ‘n baie jong ouderdom grimering te gebruik en wek so die eie eer en ydelheid by dogters. Die vraag is nou: ‘Waarom word grimering gebruik?’ Is dit omdat jy nie tevrede is soos wat Ek jou geskape het nie en dit terwyl Ek jou goed, nee baie goed geskape het? By My het die uiterlike nie waarde nie, want dit is in die hart waar Ek woon. Al sou `n dogter hoe mooi aangetrek en met alle skoonheidsmiddels opgetooi wees, en haar hart behoort nie aan My nie, dan beteken dit vir My niks. Jou liggaam is die tempel waarin Ek woon en moet versorg word, maar waak teen eersug en ydelheid. Dit is twee eienskappe waarmee Satan baie vroue tot `n val bring en so sy kloue in hulle slaan.

Kleredrag, My geliefde dogter, is ook ‘n baie netelige kwessie. Adam en Eva het geen klere nodig gehad in die tuin van Eden nie. Eers nadat hulle gesondig het, moes hulle hul liggame bedek. Vandag se kleredrag en modes is daarop uit om die liggaam te beklemtoon en te vertoon, eerder as om dit te bedek. So ontaard die dogters van My volk in ydele verleidsters wat menige jong man tot ‘n val bring. Weereens is dit iets waaroor elke individu self moet besluit en dwing Ek niemand nie. Jy moet self My Woord en wil aanneem en navolg of in die hand van die bose speel, want jy kan nie twee gode dien nie. Daarom, My liefste kind, moet jy waak teen die verkeerde. Kom na MY en Ek sal die regte dinge in jou hart lê. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205