Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 4

Eer jou vader en jou moeder.

05/05/2009

Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat Ek aan jou sal gee. Amein.

Reeds vanaf die begin van die skepping is jy, geliefde seun, deel van My groot Raadsplan en is daar geen toeval in jou lewe nie. Dit is My Wil dat jy nou in hierdie tyd lewe. Ook jou ouers is deur My gekies. Daarom dat Ek ook aan jou die gebod gegee het om jou vader en moeder te eer, sodat jou dae verleng mag word.

‘n Gesagstruktuur en leierskap is deel van My orde. Priesters, profete en rigters van die Bybel is almal leiers deur My aangestel om My volk te rig. Jy, My seun, is deel van My volk en die eerste vorm van gesag oor jou is jou ouers en daarom is jy aan hulle die nodige eerbied en respek verskuldig.

Die gebod dui nie net op gehoorsaamheid nie, maar bevat ook die belofte van ‘n lang lewe. Gehoorsaamheid beteken om jouself ondergeskik te stel aan hulle wil – nie net wanneer jy so dink nie, maar te alle tye. Jou vader is ook My verteenwoordiger en deur gehoorsaamheid aan hom, is jy ook gehoorsaam aan My. Dit is by My wat enige godvresende ouer die wysheid en insig kry om sy kinders reg op te voed. Jou moeder is ook verteenwoordiger van My Liefde vir jou. Selfs al sou jy ‘n oortreding begaan, bly jy nog in hulle liefde. As jou ouers jou liefhet ten spyte van foute, hoeveel te meer Ek wat jou geskape het? Ek is JaHshua, jou Verlosser, en het jou lief met `n ewige Liefde en deur jou ouers te eer, eer jy ook My. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205