Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 4

Dogter van My Volk

Die volk van Israel het Ek uitgekies tussen al die nasies as My uitverkore volk. Nie omdat hulle ‘n sterk en magtige volk was nie, maar omdat hulle die geringste was onder al die volke en My Woord en Wette onderhou het. Jy is nakomeling van Adam en Eva en deel van My uitverkorenes deur wie Ek My Wet en Woord aan die wêreld bekend wil maak. Daarom geliefde jy, bestudeer My Wet en Woord want so vind jy My al duideliker in jou wanneer jy dit jou eie maak.

Deur Moses het Ek My Liefde aan My volk openbaar en vir hulle gebooie, insettinge en verordeninge gegee as riglyn waarvolgens hulle moet lewe. Hierdie is ook vir jou, daarom moet jy jou Bybel lees en dit onderhou. Nee My dogter, daar is geen offers meer nodig nie, want My Bloed op Golgota was die volmaakte offer vir die mensdom se sonde. Al offer wat Ek van jou vra is net maar ‘n hart vol liefde vir My. Amein.

Die Israeliete is deur Moses uit Egipteland uitgelei. Na 400 jaar se omswerwinge in die woestyn het Joshua hulle die beloofde land, Kanaän, ingelei – ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Hulle moes die land in besit neem en skoonmaak van alle onreinheid en so die ander nasies uitwis. Jou hart is die Kanaän wat jy inbesit moet neem sodat Ek die Saad van My Woord daar kan saai. Eers moet jy ook jou hart reinig deur jou sonde te bely sodat Ek jou met My Bloed skoon kan was. Haal die onkruid soos verkeerde gedagtes, nydigheid, twis, skinder, ongeduld en onvriendelikheid uit en vul die plek met liefdevolle gedagtes oor My en My Woord. Dan sal My Saad in jou groei. Jy sal die vrugte van die Gees dra en My lig sal in en deur jou skyn. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205