Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 6

Hoe en waar vind jy My?

Ek het die mens as liggaam, siel en gees geskape. Die liggaam is stoflike materie wat by die dood van ‘n persoon begrawe word en weer tot stof terugkeer. In jou siel is jou persoonlikheid, gevoel, denke en emosies, gesetel - dit wat jou maak wie jy is.

Jou gees is waar Ek vir jou My liefdesvonk geplaas het, sodat jy My kan soek. Hoe meer jy My opsoek en tyd aan en met My spandeer, hoe groter word jou liefde vir My en hoe sterker word My Lig in jou.

Voor My kruisiging het Ek gesê dat Ek nie woon in tempels wat met hande gemaak is nie. Nee, Ek woon in mense se harte en dit is waar jy My moet soek. Dit is waar My Gees met jou wil praat. Net soos wat Ek met die profete van ouds gepraat het en hulle My Woord neergeskryf het, praat Ek vandag nog met mense.

Gaan in die innerlike stilte van jou hart met die volle geloof in My Woord dat Ek daar is. Bely in nederigheid jou sonde, glo en vertrou My beloftes dat Ek met almal sal praat wat My in opregtheid soek. Rig jou vrae daar en verwag ‘n antwoord. Hou aan soek en moenie moed opgee as jy nie dadelik My stem hoor nie. Ek praat met baie mense maar hulle herken nie My stem nie. Ook praat Ek sag in jou hart, jy moet net leer om My stem te herken, want wie soek sal vind. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205