Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Toe Ek My kneg Moses na die volk van Israel gestuur het, moes hy vir hulle sê EK IS het hom gestuur. Ja, EK IS die Alfa en Omega, die Begin en Einde van alles wat is. Niks op hierdie aarde het sonder My ontstaan nie want Ek is die Skepper van hemel en aarde. Ook is Ek die Vader, die Seun en die Heilige Gees en hierdie drie is EEN in wese. Dit is soos jy wat jou pa se seun is, jou suster se broer en jou maat se vriend, maar jy bly een persoon.

Hoofstuk 2

 

 

As Vader is Ek die Skepper, maar ook onderhou Ek alles wat Ek geskape het. Deur die eeue het die mens, wat Ek in Liefde geskape het, gekies om sy eie pad te volg en het van My Woord en Wet afvallig geword. Uit Liefde het Ek Myself aan die mense openbaar as die Seun. Ek het mens geword soos jy, om aan die mensdom die voorbeeld te stel en die pad te toon wat hulle moet gaan. Jy ken My dalk net as Jesus maar die Hebreeus vir My Naam is JaHshua en dit beteken dat JaHweh, die Vader, ook Verlosser is. Amein.

Voor My kruisiging het Ek aan almal wat My liefhet beloof dat Ek My Gees as Trooster aan hulle sal nalaat om hulle te leer en te lei. Dit is deur hierdie Gees wat Ek nou in Liefde met jou spreek. Amein.

 

EK IS

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205