Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

DEEL 1 - Vrou van God, wie is jy?

Hoofstuk 1

Wie is jy?

24 April 2009

Wie is jy? Wie is EK? Waar is jou begin en waar die van My? Amein.*

Uit My Liefde het jy voortgekom, geskape deur My hand. As vrou het Ek jou geformeer en geplaas in hierdie land. In jou lewe is daar geen toeval, want Ek is in beheer. Amein.

Het jy al gedink oor die doel van jou lewe. Die waarom en hoekom van jou bestaan as geskape wese? Jy sal seker dadelik antwoord dat jy geskape is as vrou vir jou man of dat jy die een of ander beroep suksesvol moet beoefen, maar sou dit nou die eintlike rede wees? Elke skepper het tog aanspraak op dit wat hy geskape het, dit wil sê eienaarskap en die voorreg om dit wat geskep is tot sy voordeel te benut. As Ek dan jou Skepper en Formeerder is, hoeveel aanspraak het Ek op jou lewe, vrou van God? Is dit net `n paar weggooi-oomblikke of het Ek jou volle aandag soos wat Ek as Skepper kan verwag?

Geskape uit My hand, behoort jy aan My, skone vrou, daarom dat Ek My met jou bemoei. Onafhanklik met vryheid van keuse het Ek jou gemaak as die kroon van My skepping. `n Vryheid om te kan kies wat jy wil en jou lewe daarvolgens in te rig. Weet egter dat jou keuse ook jou lot bepaal, want juis dit is waarom jy die kroon is van My skepping. Jy kan kies om My te dien of om voort te gaan op jou ou weë en dan nooit werklik deel word van My hemelse Koninkryk nie. Kies jy My, dan is daar veel te win en baie om voor te werk. Kies jy My teenstander, dan het ons niks meer om oor te praat nie. Daarom, soos Joshua van ouds, kies vandag wie jy wil dien. Kies jy My, doen dit met oorgawe en kom na My, want Ek wag om jou in My arms te vergader. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205