Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 10

Vriende

10/05/09

My seun, laat jou vriendelikheid aan alle mense bekend word, maar kies jou vriende met groot omsigtigheid. Menige man is al deur vriende mislei en tot ‘n val gebring. Laat My Woord jou enigste maatstaf in die lewe wees. Amein.

Vriendskap met die wêreld is vyandskap met My, daarom, oordink jou woorde, dade en gedagtes. Dit wat die mens bedink, word sy woorde en later ook sy dade. Waaroor handel jou vriendekring se gesprekke? Is dit opbouend vir almal of sou julle dit liewer geheim wou hou? Volg jy die meerderheid in wat verkeerd is, omdat jy nie uitgesluit wil wees nie, of is jy die leier van die groep? Ek sê vir jou, laat jou woorde met sout besprinkel wees en jou dade en gedagtes rein. Moenie dronk word van wyn nie, maar word met die Gees vervul, dan sal jy deel hê aan My Koninkryk. Amein.

My seun, luister na die lering van jou moeder en slaan ag daarop. Verag die tug van jou vader nie, want dan sal jy wys handel – ook in jou omgang met die jong dogters van My volk. Handel met hulle in eerlikheid en opregtheid sonder die begeerte na eie gewin, dan sal jy binne My Woord en Wil bly. Want die liefde soek nie sy eie belang nie en sal nie die maagdelikheid van sy naaste se dogter steel nie. Die huwelik is ‘n heilige instelling deur My verorden en moet as sodanig geëer word, daarom moet jy jouself rein bewaar tot die dag waarop jy deur My in die huwelik bevestig word. Om die huweliksdaad buite die huwelik te beoefen, is ‘n daad van wellus en eie begeerte, sonder om die liefdesgebod in ag te neem. ‘n Vader het sy dogter lief en wil haar as ‘n rein maagd aan haar man afgee. Skending van ‘n jong meisie se maagdelikheid is ‘n oortreding teen die liefde vir die naaste. Amein.

Wees heilig want Ek is heilig, dit wil sê wees apart van dit wat onrein en nie edel is nie. Neem jou kruis op en volg My na. Ek het in die vlees na hierdie aarde gekom om almal wat aan My behoort te bevry. As mens moes Ek ook alle vleeslike begeertes oorwin. Met My hulp en krag is dit ook vir jou moontlik, as jy My daarom vra. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205