Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 2

Wie is EK?

26 April 2009

Noudat ons aangeraak het wie jy is, wil Ek jou meer vertel oor wie Ek is. Ja, dis reg, Ek is die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Die God van Israel en jou Formeerder, maar ook is Ek die Oerbron van alles wat is. Alles wat is, het uit My voortgekom en is deur My in die lewe geroep. Niks het ontstaan sonder My nie en daarom is Ek ook die Onderhouer van alles.

Ek, as die Ewig Heilige, is ook Lig, Liefde en Lewe. Hierdie drie is deel van My Wese en kan, soos die Vader, Seun en Gees nie onafhanklik bestaan nie.

As ewige Lig is daar by My geen duisternis nie en is Ek ook dié Een wat jou, geliefde vrou, se pad verlig, indien jy My daarom sou vra. Net soos jou aardse Vader wil Ek ook hê dat julle My moet kom vra vir hulp. Watter vader weier hulp aan sy kinders? As jou aardse vader nie vir jou `n klip in die plek van `n vis sal gee nie, hoeveel te meer sal Ek, jou Hemelse Vader dit nie doen nie? Omdat Ek almagtig is en ook weet wat vir jou goed is, kan Ek egter nie altyd alles sonder meer toestaan nie, veral nie dinge wat skadelik sal wees vir jou siel se ontwikkeling nie. Ek laat ook soms toe dat slegte dinge met julle gebeur, want dit is My manier waarop Ek wil hê dat julle My moet soek. Wie soek sal vind, onthou! Maak My jou Lig en alle duisternis sal wyk, want geen duisternis kan standhou in My teenwoordigheid nie.

Ek is Liefde en het jou uit Liefde geskape. Ook het Ek aan jou `n naam gegee en by hierdie naam geroep, want jy is Myne, liefste jy. Vanuit My oneindige Liefde, het Ek as Verlosser na die wêreld gekom en mens geword om jou en elke ander te verlos en na My te trek. Ek het jou lief met `n ewige Liefde wat nooit verminder of sterf, want vanuit My het jy uitgegaan en Ek wil dat jy na My terugkeer. Die Liefde vergaan nimmermeer en is `n standhoudende fontein van lewende water waaruit jy kan put sonder geld en sonder prys, net maar jou hart as My heerlike spys. Het jy My gevind, vermeerder jou liefde vir My, deur My voortdurend op te soek. Deel die liefde ook uit deur naasteliefde te beoefen, want dit is deur te gee dat jy ontvang.

Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Wie in My bly, het die Ewige Lewe, want niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Bring al jou bekommernis en laste na My en Ek sal dit vir jou dra. Neem dan My juk op jou, want My juk is sag en My las is lig. Amein.

Vrou, geskape na My beeld van Goddelike Lig, Liefde en Lewe, dit is deel van jou doel op aarde om My beeld na ander uit te dra. Deur My elke dag te soek en in gebed met My te verkeer, sal jy hierdie beeld in jou vermeer. Sal My Lig in jou helder brand en na almal om jou skyn. Dan sal die liefde in jou bloei, terwyl jy dit uitdra na ander nog geboei, terwyl jy ook aan hul kan vertel, die weg tot Lewe. Amein.

Ek is Vader, Seun en Gees, en hierdie drie is EEN.

As Vader het Ek jou geformeer en as Seun het Ek jou verlos.

As Gees is Ek die liefdesvonk wat in jou is. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205