DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 7

17.03.2008 03:15

 

EK sal elkeen wat graag na MY wil kom by die hand vat en hom direk na MY lei. Dit klink vir julle nie reg dat EK elkeen na MY wil wil lei terwyl EK tog die Een is wat jou by die hand vat nie. Hoe kan EK elkeen by die hand vat en na MY lei terwyl EK tog langs jou staan en die heeltyd by jou is? Kyk na MY. Wat is EK? EK is liefde en wanneer EK iemand na MY lei, lei EK hom dieper in die liefde in. Elkeen wat dus wil, sal dieper in die liefde ingelei word. Weet julle wat dit beteken? Dit beteken dan dat jy meer en meer van MY liefde ontvang en sodoende stelselmatig ‘n nuwe mens word soos wat Ek jou lei, uit die wêreld met sy liefdelose karakter en dieper in MY in, in die liefde in. MY kinders, julle wat hier bymekaar is, is nou al baie vêr op pad na die liefde. Met ander woorde , julle is bereid om alles te los en om MY te volg en daarom word julle al hoe dieper en dieper in die liefde ingelei. Dit beteken dan dat julle meer en meer van MY sal leer en geestelik sal julle baie vinniger groei as die wat nog aan die wêreld vasklou. Die wat nog in die wêreld sit, sal ook groei, maar baie stadiger as julle, wat die wêreld afgelê het en daar buite gelaat het. EK sal egter elkeen by die hand neem wat wil en EK sal sy pas aanneem en die een wat hom aan MY oorgee en MY gehoorsaam wanneer EK roep, sal MY pas aanneem. Dit sal tot gevolg hê dat hy deur MY baie vinniger en makliker by sy bestemming, wat die eenwording is, sal uitkom. In die verlede was daar nog tyd gewees vir iemand om die pas aan te gee, maar vandag so kort voor die stryd, sal dit baie lank vat en so iemand gaan dalk nie gereed wees voor die stryd aanbreek nie.

Gee jou dan liewer oor aan MY pas en kom na MY en jy sal deur MY  veilig aangebring word op jou bestemming, die eenwording met MY en jy sal gereed wees vir die stryd wat voorlê. Hoe jy jouself sal oorgee en die bande met die wêreld breek, het EK al by vorige geleenthede gesê en daarom hang dit van elkeen af in hoeverre hy MY woord opgeneem het. EK praat hier met almal wat nog nie is waar hulle moet wees nie.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205