DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 29

25 Mei  2008   08:40

 

Die son skyn uit MY uit omdat EK die son SELF is. Die wat MY al gesien het, sal weet dat dit die waarheid is en nooit sal hulle van MY kan afvallig word as hulle MY eers in hulle opgeneem het nie. MY kinders is vir MY so kosbaar dat EK elkeen op MY skoot tel en met hulle praat. EK praat met elke kind van MY net soos wat hy MY verstaan en nie soos wat die wêreld moet dink dat EK sal praat nie. Elke mens se taalfoute en gebreke wat die liggaam aanbetref, is by MY niks nie. Baie keer is MY skryfknegte al van ‘n kant bekyk en daar is met baie slimpraatjies gekom omdat daar taalfoute is wat in die slimmes se oë nie by MY stem sou pas nie. Praat julle nie met julle klein kindertjies net soos hulle nie? Deurdat julle so met hulle praat, verseker julle hulle van julle liefde en elke kindjie voel spesiaal as jy so met hom praat op sy vlak. Die wat klein kindertjies het sal verstaan wat EK bedoel. Praat met jou kind op sy vlak en hy geniet dit verskriklik as ma of pa so na aan hom is. Praat met hom op jou vlak en kyk of hy alles net so sal aanneem en verstaan wat jy vir hom sê. Daarom praat EK ook met julle soos wat jy geleer is om te praat. Dan voel jy tuis by MY en jy verstaan dat niks by MY belangriker is as jy nie. Geen taalgebruik is vir MY belangrik nie. Sorg net dat julle taalgebruik by MY net vol liefde is en nie uit haat of vol ydele taal gebruik nie. Dit beteken dat julle nie op mekaar moet vloek nie en ook dat alles wat julle vir mekaar sê uit liefde gesê moet word. Alles wat gesê word sonder die nodige liefde daarin is maar net soos vloek in MY oë. MY kinders, die taalgebruik waarvan EK praat, is die eenvoudige manier waarop party van julle praat. Dit maak nie by MY saak of iemand geleerd is of nie en jy kan aan iemand se praat agterkom of hy eenvoudig is of geletterd. Dit is nie ter sprake by MY nie aangesien ‘n mens nie op aarde geplaas is om sy brein te oefen nie, maar sy siel. Dit beteken ook dat julle dit eerder ‘n saak van erns moet maak om by MY uit te kom as om gevorderd te probeer praat. Luister maar na die kindertjies, hulle sal mekaar verstaan omdat hulle nog met hulle hartjies na mekaar luister. Dit is wat EK ook wil hê julle grootmense moet doen. Luister met jou hart na die persoon langs jou en jy sal gou agterkom of daardie persoon vandag baie hartseer is en of daar iets kortkom. Dit is die korrekte taal waarvan EK praat. Moenie mekaar oordeel nie en verstaan liewer die ander persoon as dat jy hom seermaak omdat jy nie na sy siel luister nie. Dit is belangrike woorde die en onthou dat julle taalgebruik buitendien sal sterf wanneer julle die dag ook te sterwe kom omdat die taal wat in die hiernamaals gebruik word, die taal van die siel is. Dit beteken nie dat julle nie meer met mekaar sal kommunikeer nie, maar dit beteken dat jy iemand se siel sal lees en sal weet wat en wie hy is, as julle vol van MY is. EK sal julle oë binnekort open om hierdie hoofstuk baie goed te kan verstaan. Maar vir nou wil EK hê dat julle almal mekaar moet aanvaar, al praat hy verkeerd in jou oë en moenie die openbarings wat EK aan so ‘n persoon gee afskiet net omdat jy taalfoute daarin raaksien en dink dat EK volmaak is en nie so sal praat nie. Ek het julle lief, MY onvolmaakte kindertjies.

Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205