DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 47

15 Junie 2008  20:53

 

Julle gaan in die volgende week of twee baie meer leer oor hoe EK te werk gaan en hoe EK spreek tot julle. MY kinders, julle raak nou groot en EK wil julle leer om MY te verstaan op ‘n ander vlak en daarom gaan EK julle by voorbaat al waarsku deur te sê dat daar baie nuwe lesse in hierdie week vir julle gaan wees. Luister na dit wat Ek vir julle sê en wees bly omdat EK julle na ‘n volgende vlak lei en julle dan nog een stappie verder sal wees met die wedergeboorte. Een van die dae sal julle dan hierdie lesse ook bemeester het en dan kan ons weer aangaan na nog iets anders. Dit klink vir julle of daar nog baie tyd gaan verloop voordat die eerste persoon met MY een sal wees, maar EK sê vir julle dat dit nie so sal wees nie omdat party mense die lesse vanuit MY dadelik sal bemeester en ander nie. Gee net ag op MY woorde en luister fyn wat Ek vir julle sê en dinge sal binne julle siele begin werk sodat julle sal agterkom dat daar beroeringe plaasvind. EK praat nog steeds met julle soos met babas en nou is dit die tyd om met julle te praat soos ‘n mens met ouer kinders praat. Wat EK hiermee bedoel is dat julle MY woorde moet begin verstaan volgens dit wat julle geleer het. Julle het nou al die basiese dinge van MY leer geleer en julle weet waaruit dit bestaan. Wanneer EK dan iemand ‘n opdrag gaan gee wat teenstrydig klink met dit wat julle van MY en MY leer weet, moet julle dadelik weet dat julle dit verkeerd verstaan. EK het MY dissipels ook so geleer en hulle het hulle baie keer vir MY vervies omdat hulle MY verkeerd verstaan het, maar vinnig het hulle geleer om nie MY woorde altyd letterlik op te neem en so te verstaan nie. Dit is slegs gegee vir die geestelik wakker mens wat al redelik vêr gevorderd is in die Gees. Julle wat dan nou die wedergeboorte wil bereik, moet dan ook leer om soos MY dissipels te verstaan wat EK eintlik bedoel. Het EK letterlik bedoel dat hulle hulle ore en hande moes afkap as dit hulle pla? Nee, maar hulle was baie verontwaardig daaroor en wou nie MY leer net so aanvaar nie omdat dit hulle teen die bors gestuit het. Omdat hulle siele nog aan die slaap was, het hulle dit nie verstaan nie, maar dit het nou tyd geword dat julle ook wakker gemaak word sodat julle kan verstaan wat EK eintlik bedoel met dit wat EK sê. Hoeveel maal het EK iemand nie ‘n opdrag gegee wat hy sorgvuldig uitgevoer het in MY Naam nie? Baie maal het julle dit al gedoen, maar in die toekoms sal EK julle ander opdragte gee wat vir julle heel duister sal voorkom, maar hou goeie moed. Met MY GEES in julle sal julle verstaan wat EK wil hê en julle sal MY loof omdat julle dit dan sal verstaan, terwyl dit vir die wêreldling heeltemal verkeerd sal lyk. MY kinders, nooit sal EK julle ‘n liefdelose opdrag gee om uit te voer nie en ook nie iets wat teenstrydig is met MY leer nie, maar die manier waarop EK die opdragte aan julle sal gee in die vervolg, gaan julle sif en baie gaan hulle vervies daaroor. EK wil egter hê dat julle niks met iemand sal bespreek nie, omdat die besprekings hieroor net sal lei tot verdere bakleiery omdat julle MY woorde misverstaan. Hou dit in jou binneste en doen net wat EK wil hê julle moet doen, en dit is om MY en jou naaste baie lief te hê. Wanneer jy dan net die liefde sal toepas, sal alles dan vir jou duidelik word. MY kinders, hierdie sal ‘n baie moeilike “kursus” vir julle wees en EK wil hê dat julle net in die liefde moet volhard sodat alles vir julle duidelik sal word. Glo net in MY liefdeswoorde vir julle en alles sal opgeklaar en helder voor julle wees. MY kinders, julle is vir MY so spesiaal en daarom laat EK hierdie lesse oor julle pad kom. Julle wil mos in die gees groei, nie waar nie? Nou as EK julle los en nie hierdie belangrike dinge oor julle weg bring nie, beteken dit dan dat jy op daardie vlak nie sal groei nie en hoe kan jy dan die wedergeboorte bereik?Dinge sal vir julle snaaks voorkom en julle sal wonder oor iets, maar gee dit net vir MY en EK sal dit vir julle oplos. EK sal aan julle duidelikheid gee oor die misverstande wat sal volg omdat julle nog toe oë deur die lewe gaan. Vertrou MY net en weet dat Ek behae in julle het. Na hierdie lesse sal julle geestelik elkeen ‘n kroon kry wat julle sal dra, wat beteken dat julle al soveel gegroei het sonder dat julle dit besef. Baie van julle is op die drumpel wan die wedergeboorte, maar kort nog net ietsie kleins en dit is wat Ek nou vir julle wil gee. Maak vrede daarmee en wees vrolik in MY, want EK het julle al klaar verlos.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205