DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 26

23 Mei 2008 09:53

Glo dat EK alles vir julle sal gee wat EK julle beloof het en dit sal so vir julle wees. Wanneer julle glo, sal dit so wees en julle sal nog sien hoedat alles in vervulling gaan wat EK aan julle gesê het. MY kinders, julle geloof is baie klein en omdat julle nog nie gesien het dat dinge om julle gebeur nie, glo julle dit nie. Dan dink julle dat EK van julle vergeet het en dit is so vêr van die waarheid af as die satan van ‘n engel af. MY kinders, die satan probeer om julle afvallig van MY te maak deurdat hy allerhande dinge in julle gedagtes sit waarvan julle nie eers bewus is nie en dan begin julle te twyfel in MY woorde. EK kan daar niks aan doen nie omdat dit ook vir julle gegee is om julle eie vrye wil te gebruik soos wat julle wil. As julle sy woorde glo, belemmer julle julle eie eenwording met MY en kan julle nie met MY verenig nie omdat twyfel nie pas by MY en MY GEES wat EK op julle wil uitgiet nie. daarom waarsku EK julle weereens teen die oorweldigende twyfel wat julle kan beetpak as julle nie gefokus op MY bly nie. By die liefde is daar geen twyfel nie en by MY is daar nie hopeloosheid nie. EK is nie ‘n swakkeling wat daarop aanspraak kan maak dat niks wat EK ooit probeer uitvoer ‘n mislukking is nie. EK is julle EL en julle Verlosser wat alle krag in MY hande het en EK weet hoe en wanneer om dit te gebruik. Julle word almal nou in posisies geplaas waartydens julle geloof tot op die uiterste getoets en beproef word want julle is die stryders wat EK gaan gebruik om ander na MY te trek. Net die wat werklik goed is in hulle werk kan vir MY kom werk. Die swakkes sal nie deer MY gebruik kan word nie. Glo daarom sodat jy ook sterk kan wees wat bekwaam kan wees in dit wat jy vir MY moet en sal doen. Julle almal is bekwaam vir die take wat op julle wag maar julle glo nog nie en daarom vat dit lank voordat iets gebeur. EK sal dinge so spoedig moontlik laat gebeur en julle sal dan so verbaas wees oor julle eie krag wat julle in julle binneste sal ervaar. Julle sal nie kan dink dat dit dieselfde mens is wat so onbeholpe en ongelowig, swak nietig en so meer was nie, wanneer EK julle met MY GEES gevul het. Julle sal dan na julleself kyk en wonder waarom julle ooit kon getwyfel het in MY, julle Vader, wat alles in SY hande het. Los alles en glo wat EK julle sê. Net die sterkste sal oorleef en daarom spoor EK julle aan om sterk te raak in MY want EK is julle sterkte en krag. In MY ryk werk dit anders as op aarde en net die wat sterk is in die liefde sal oorleef. Weet julle dat die aarde heeltemal verkeerd om is? Op elke ander planeet werk dit ook soos in MY ryk dat die liefde en die nederigheid die sterkste eienskappe eon ’n mens is, net op aarde is iemand wat vol liefde is, swak in ander se oë. Wanner jy op aarde in ander se oë sterk wil wees, moet jy alle gebare van liefde oorboord gooi en op ander trap sodat jy bo kan uitkom. Mense wat so leef word dan dikwels tot in hulle siele geruk as hulle in die hiernamaals kom en uitvind dat hulle nie so sterk was as wat hulle gedink het nie omdat liefde die krag en sterkte gee. Hulle is dan woedend om uit te vind dat hulle swakkelinge is en wil MY dan wys dat dit nie so is nie. Hulle daag MY dan ui9t tot ’n tweegeveg om sodoende aan MY te wys dat liefde swak is. Dit is dan ook wat konstant in die hel aan die gang is. Elke een wil aan die ander een bewys dat hy sterker is in sy eie liefde en hoogmoed en dat dit die sterkste eienskappe is en nie liefde nie. Dink ’n bietjie daaroor na en dan sal julle besef dat die eie ek die grootste sondaar is daarvan. Elkeen wil hê dat die ander een moet besef dat hy die enigste een is wat daar tel en waarop daar nie getrap mag word nie. Dit is nie nederigheid nie en kan daarom ook nie met MY verenig word nie en dit is waarom EK dit dan ook weereens ophaal sodat julle daaraan kan werk en kan oplet of daar nog so iets binne jouself skuil. Julle almal het nog werk aan julleself , maar wanneer julle net op die liefde konsentreer, sal alles vir julle regkom in julle binneste. Julle sal self tot die besef kom dat julle verander het wanneer julle die liefde eerste en altyd toepas. Dit is omdat EK liefde is en omdat alles wat dan nie by MY, of liefde pas nie, die wyk moet neem. Konsentreer daarom net op die liefde en alles sal daarna dan ook vir julle deur die liefde geskied. Elke verkeerde ding sal uit jou wyk en jy sal ’n nuwe en lieflike mens voor MY wees. Dit is die liefde wat EK oor julle sal uitgiet totdat julle self heeltemal liefde sal wees, meenende, die wedergeboorte.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205