DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 48

16 Junie 2008    20:15

 

EK sal julle nooit verlaat nie en julle, MY kinders is bewus daarvan. Maar tog dink julle nie altyd daaraan nie en is julle menigmaal oortuig daarvan dat julle alleen is. EK bedoel hiermee dat julle nie besef dat EK elke oomblik saam met julle is nie. Julle dink dat EK julle uit die hoogte uit sien, maar in der waarheid is EK die hele tyd hier langs elkeen en ook in elkeen. Hoe kan EK dan weg wees en hoe kan jy dan alleen wees? As EK een is met julle sal julle alles beter verstaan en julle sal skaam word oor julle dade en hoe julle dinge kon doen asof EK nie in julle midde was nie. MY kinders, julle wat nou al so vêr gekom het en so baie gegroei het, moet al van beter weet, maar tog bemerk EK dinge by julle wat nie pas nie. Hoe is dit dan dat daar so baie oneindighede tussen julle kan heers as EK tussen julle is? Is julle dan nog soos kinders wat nie met mekaar oor die weg kan kom nie? Vergewe mekaar en dra mekaar met liefde. As die een nog kan kwaad word vir die ander oor iets kleins, is julle nog lank nie volwasse nie, want dit is net kinders wat oor kleinighede baklei. EK wil hê dat julle elkeen oor julle eie foute sal gaan nadink en nie altyd die ander persoon se foute oordink nie. Hoe is dit in jou hart gestel? Is jy nie dalk nog selfsugtig en is dit nie dalk die rede dat jy nog kan kwaad word vir die ander persoon nie? EK het al telkemale gesê: rig julle oë op MY en vergeet van die ander een se foute en dinge wat teen jou gedoen word, maar julle kan dit nie eers regkry nie. Hoe wil julle dan MY werk vir MY gaan verrig as julle julle oë die hele tyd op MY gevestig moet hou sodat julle die regte ding kan doen daar buite met julle naaste? Hierdie is ‘n baie groot leerskool en EK leer julle so baie dinge, maar sommiges van julle leer net nie. Julle is vinnig om die fout van ‘n ander raak te sien, maar in julle harte sien julle nie die eie ek en die selfsug daarbinne raak nie. Vergeet  nou van ander mense en fokus op MY. Sing uit jou hart vir MY en laat niemand jou aandag van MY aangesig aftrek nie. Is dit nodig om te raas en te baklei? Nee, EK hét mos gesê dat EK alles vir jou sal oplos wat pla, het EK nie? As jy iets beleef wat nie volgens jou reg is nie of as iemand jou te na kom, sal EK dit vir jou regmaak sonder dat jy eers vir daardie persoon ‘n skewe woord hoef te sê. Hoeveel maal kan julle nie daarvan getuig dat jy iets vir MY gegee het en nie verder daaroor gepla was nie en net die volgende oomblik het EK dit vir jou ten goede verander, sonder dat jy self iets aan die saak hoef te gedoen het. Gee nou alles vir MY, MY kinders want sonder daardie belangrike les wat deeglik onder die knie gekry is, kan Ons nie verder gaan met die wedergeboorte nie. Kom kry julle rus en vrede by MY en voordat jy weer in woede ontvlam of selfs net vies word, sal EK jou kalmeer en jy sal sien hoe EK dit vir jou in liefde oplos. Los nou al die praatjies en kom praat nét met MY en alles, EK sê, álles sal vir jou mooi uitloop. Dit sê EK as ‘n laaste waarskuwing vir die naasteliefde wat onontbeerlik is vir die wedergeboorte.
Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205