DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 19

1 Mei 2008  08:33

 

Wy jou tyd aan MY en MY alleen. Dit beteken nie dat jy nie aardse dinge mag doen nie, maar dit beteken dat jy jou gedagtes net die hele tyd op MY moet rig. EK sal vir alles sorg en wanneer jy dan besig is met gedagtes oor MY, sal dit vir jou baie krag gee. Gedagtes is krag en wanneer jy jouself oorgee aan gedagtes oor MY, wek jy vir jouself krag in MY op. Dit beteken dat jy dan vinniger in die gees groei en dat jy dan meer en meer van MY kan bevat en dra. Wanneer EK sien dat iemand se gedagtes net op MY gerig is, sal EK dan begin om daardie persoon meer en meer van MY te gee en meer aan hom openbaar. Dit is wat julle vir MY moet doen vandag. Gaan doen jou aardse werk met MY as jou hoofgedagte en wy jou hele dag net aan MY. Wanneer jy so te werk gaan, sal jy agterkom hoedat jou liefde vir MY ook al hoe meer en meer word. Dit is ook ‘n belofte aan julle, MY kinders wat MY so baie nodig het. MY gedagtes is dan ook lig en as julle lig wil wees in julle gemoedere, moet julle die hele tyd aan MY dink en aan MY wy. EK is die Lig en die waarheid en niks sal dan in kan kom en jou gedagtes besoedel nie want EK sal MY Lig in jou hart werp en alle negatiewe dinge sal dan ook uit jou binneste wyk. Die satan sal dan oombliklik herken word as hy nader kom omdat hy duisternis is en julle sal kan bly staan sonder om te val. Daarom maan EK julle om net aan MY te dink. Doen julle aardse dinge met MY as julle hoofgedagte en alles sal vir julle reg wees. Julle liefde vir MY sal dan by die dag groei en groei tot julle MY ook kan sien soos wat MY ander kinders MY kan sien. Dit beteken nie dat hulle julle al vêr voor is nie, maar hulle siele was net gereed om ‘n openbaring van MY af, te kan ontvang. Wanneer jy dan die hele dag so aan MY dink, sal jou siel ook gereed wees om iets van MY te ontvang en daarom is dit baie noodsaaklik vir elke liewe mens om die hele dag aan MY te wy. Elke dag, en nie net wanneer julle in afsondering gaan nie. EK sal elke een wat sy gedagtes die hele tyd by MY hou, seën met oorvloedige liefde vir MY, en ook vir sy naaste en dit sal die lewe en liefde tussen mekaar tot gevolg hê. Laat MY ”herlewe” in julle gedagtes en julle sal die lig sien skyn wat vrede en gemoedsrus vir julle sal gee. MY vrede gaan alle verstand te bowe en niks kan daardie vrede aantas as jy net aan MY dink nie. Wees sterk in MY en EK sal julle deur alles lei sodat julle die Eenwording met MY kan verkry. Dit is tog waarna julle almal smag, nie waar nie? As julle dan wel daarna smag, moet julle dit dan ook toepas soos wat EK aan julle bekend gemaak het en julle sal sien hoe alles vir julle niks word en hoe EK vir julle alles word. Pas dit vandag toe en julle sal sien hoedat EK julle sal seën met MY liefde en openbaringe aan elkeen persoonlik. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205