DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 28

25 Mei 2008  07:28

 

Twyfel nie meer, vertrou My woorde wat EK so deur die loop van al MY openbaringe aan julle gebring het. Daar is baie van julle wat nou al MY stem kan hoor en wanneer julle iets van MY kry, hardloop julle dadelik na iemand anders en gaan vra of dit wel EK is wat met jou gespreek het. Nou wil EK julle iets vertel wat julle maar weereens kan glo omdat dit EK, julle Vader is wat met julle spreek deur middel van MY skryfkneg wat hier vir MY tik. Julle sal almal moet glo wat EK vir julle sê omdat dit die satan se manier is om twyfel in julle te saai sodat daar op die ou einde van die dag so baie vertwyfeling in jou binneste kom dat jy niks meer van MY woorde glo nie. EK sal niemand wat eers MY stem kan hoor, sommer net so verlaat en hom aan die satan oorgee sodat díe hom kan lei in die verderf in nie. Die persone wat wel MY stem verloor het sal weet dat hulle heeltemal afvallig van MY geword het en in die wêreld met sy sonde gekeer geraak het. Daarom wil EK vir julle almal by MY herberg sê dat julle almal wat MY kan hoor, MY hoor en nie ‘n leun gees nie, want ‘n leun gees is ‘n baie lelike ding en watter ouer sal sy kind aan ‘n lelike of verkeerde ding oorgee? As julle dit nie sal doen nie, waarom sal EK dit dan doen? Julle weet dan dat EK liefde is en liefde verdra alles, tot julle sondes wat julle uit onkunde of menslikheid doen. Maar die aspriste sondes of sondes wat met ‘n gemoed gedoen word waarvan julle weet dit verkeerd dis, sal nie so ligtelik deur MY verdra word nie. Dan sal EK jou nie meer aanspreek as jy in die wêreld wil ingaan en MY verlaat nie. Dan kan julle maar verseker wees van ‘n leun gees omdat EK Myself vir ‘n geruime tydjie van jou sal onttrek om te sien of jy terug na MY wil keer. Keer jy terug, sal EK weereens met jou praat, maar bly jy van MY afvallig, sal jy nie meer MY stem kan hoor nie, omdat jou vrye wil jou dan weerhou om met MY gemeenskap te hê. Dit is dan die rede dat EK julle almal wat by MY herberg is, en ook daar buite en MY baie liefhet en MY woorde nakom, nooit sal verlaat nie en altyd met julle sal praat. Gaan vra daarom nie meer jou naaste of dit wat jy gekry het van MY is nie, want geen leun gees sal EK in MY herberg toelaat nie. Die wat wel al iets gehoor het wat vir hom nie reg klink nie, sal weet dat dit nie ‘n leun gees is nie, maar baie keer sy eie wil wat hy gehoor het. Daar moet julle baie seker maak, voordat julle net iets doen wat julle graag wil doen. Luister eers baie mooi voordat julle net doen, want die vlees is baie sterk en sal graag die gees wil oorheers op so ‘n manier. En selfs daar sal EK MYSELF nie eers van julle onttrek as julle gehoor gegee het aan julle eie wil nie omdat julle maar net mense is en binnekort julle eie fout sal raak sien. EK sal niemand wat MY bo alles liefhet verlaat nie en so ook sal julle tot die besef kom dat MY liefde werklik bo alles sal uitstyg en elke mens wat MY bo alles soek, sal MY vind. EK sê nou vir julle dat julle nie meer bekommerd moet wees omdat dinge vir julle partykeer snaaks klink nie. Die wat werklik ‘n probleem het en wat sukkel om dit opgelos te kry, sal ook so deur MY gehelp word deurdat EK iemand na jou sal stuur met ‘n antwoord op jou vrae. EK stuur MY GEES na julle en in elke mens se hart sal hy MY kan hoor as hy maar net oplet. Ek praat met julle elkeen as julle maar net sal luister. Luister mooi of dit in die vorm van woorde kom of net in die gees, met ander woorde, of jy dit deur middel van gedagtes in jou voel opkom. Baie keer is daar iemand wat net ‘n gevoel het en dan kom dit ook van MY. As jy nog nie MY stem kan hoor nie, sal die antwoord dan ook so vir jou gegee word en as jy dan nog twyfel, sal EK nie vir jou kwaad wees as jy een van MY knegte gaan vra wat by MY die ware antwoord sal kom kry nie. Moet net nie ‘n gewoonte daarvan maak om iemand anders te gaan vra nie, omdat jy dan self te lui gaan word om die antwoorde te soek. Kom vra MY eers en as jy dan werklik nie ‘n antwoord kry wat jou gerus stel nie, kan jy dan een van MY kinders vra wat MY stem kan hoor. EK is vir elke kind van MY net so lief soos vir die volgende een en niemand moet dink dat hy nie geskik is om MY GEES te ontvang nie. EK sal MY GEES oor elke kind wat MY liefhet giet en julle almal sal nog voor die stryd met MY Een wees. Dit beteken dat julle almal al op ‘n sekere vlak van die eenwording sal wees met MY voor die stryd. Die wedergeboorte sal net díe bereik voor die stryd wat werklik ernstig is daaroor. EK weet dat julle almal ‘n mate van erns het en dit sal dan ook so geskied soos wat jy dit graag wil hê en afhangende van die verlange in jou binneste, sal jy vorder. Daarom hang die wedergeboorte nie van MY af nie , maar van elke een van julle self. Die mate waarin jy MY kom opsoek, sal vir jou die wedergeboorte gee of jy sal dit láter bereik. Daarom is die erns waarmee jy deur die lewe gaan van uiterste belang. Gaan daarom nou en besluit of jy die wedergeboorte nou wil hê of later. Dit sal vir jou geskied soos wat jy dit wil hê.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205