DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 18

1 Mei 2008  08:10

 

MY Vaderhart swel van liefde wanneer EK sien hoe julle mekaar in ware liefde begroet en as EK sien iemand dien waarlik waar sy naaste, is dit vir MY ‘n riem onder die hart. EK, as julle Vader wil hê dat elkeen mekaar met die ware naasteliefde en broederliefde liefhê en daarom sê EK dat dit vir MY mooi is. MY kinders, EK sien in elkeen se hart en weet wanneer elkeen baie liefde vir sy naaste voel, al wys hy dit nie met gebare van liefde of liefdesbetuigings nie. Wanneer iemand iemand anders liefhet, sal hy vir hom enige iets doen en dit sien EK onder sekeres van julle baie goed. Julle sal enige iets vir die ander een doen, al sê jy nie met woorde vir daardie persoon dat jy hom baie liefhet nie. Dit is ook reg en goed in MY oë aangesien EK net die ware liefde in elkeen se hart bekyk. EK kyk nie na niksseggende dade wat nie uit liefde vir mekaar gedoen word nie. Baie keer doen iemand nie iets vir iemand anders nie, want daar is dalk nie nou iets om vir hom te doen nie, maar die liefde wat dan in daardie persoon se hart is, is genoeg om berge te versit. Moenie met jou liefde te koop loop nie omdat dit dan later goedkoop kan word, maar kyk eers mooi en doen wat jy graag wil doen vir iemand, uit die ware liefde. Moenie kruiperig wees om iemand van jou liefde te probeer oortuig nie, want dan wek jy weer iets by die ander persoon wat nie goed is nie. Wys jou liefde vir elkeen op die regte wyse omdat dit dan ware liefde is en nie aangeplakte gunsies is wat jy dan vir iemand anders doen nie. Julle weet waarvan EK praat en daarom sal EK nie nou meer verder hieroor uit wy nie, maar EK sal julle meer van MY liefde vir julle vertel. MY liefde vir julle is so groot dat julle dit nie sal kan verdra wanneer EK alles op een slag op julle sal uitgiet nie. Dit sal julle die dood kos en dit sal vir julle siele niks werd wees nie. Dit sal net teweeg bring dat EK MY kinders kwyt is en dat julle MY dan nie sal kan dien en liefhê soos wat EK graag wil hê julle moet, uit vrye wil nie. MY liefde word met mate oor julle uitgegiet sodat julle nog steeds kan leef en daarin gedy. MY liefde is vir elkeen van julle wat nou hier lees of wie dit aanhoor. MY liefde vir julle is MY grootste bron van geluk en daarom wil EK dit vir elkeen van julle ook gee. Konsentreer op die liefde in julle harte vir MY en dan vir julle naaste. Wanneer jy MY werklik liefhet, sal jy voel hoe jy die mens hier by jou met MY liefde liefkry. Gee dan vir daardie persoon van die oorvloedige liefde in jou binneste op ‘n mooi en betaamlike manier en doen vir hom iets spesiaals omdat jou hart van liefde vir hom of haar swel. EK is net liefde en wanneer julle voel dat julle omgekrap is, moet julle weet dat die satan julle weer probeer aanval. Die enigste wyse om weer vrede te kry, is dan om elke  negatiewe gedagte uit julle binneste te ban en MY om liefde en vrede te vra. Konsentreer op MY liefde en alles wat julle van MY weet wanneer die aanslag van die satan op sy felste is en moenie ingee vir die aanslag wat net twis en ongelukkigheid sal wek nie. Wanneer jy sien of vermoed iemand doen iets verkeerd, kom na MY en MY alleen want net EK ken die ware feite en net EK weet wat agter alles skuil. Dikwels lyk dit vir jou of iets nie reg is nie en dan gaan praat jy met iemand anders daaroor wat dan die gevolg het dat daar ‘n groot ding ontstaan. Dikwels is dit nie eers soos wat dit vir jou gelyk het nie en dan kom onskuldige persone in die moeilikheid. Om dit te vermy en om te vermy dat MY liefde tussen julle verminder omdat julle met mekaar baklei, moet julle nie bymekaar oor mekaar kom praat nie. EK SELF sal alle ongeregtigheid tussen julle verwyder soos wat EK dit in die verlede gedoen het. EK sal almal wat nie saam wil werk aan die Eenheid met MY nie, uit julle midde uithaal en julle sal dan ongestoord die eenheid met MY kan soek. Wees daarom nie gou om iemand anders, by iemand anders te kom bespreek nie, omdat EK alles weet en EK alles sal uitsorteer en jy nie jouself besoedel met skinderpraatjies wat dalk nie die waarheid kan wees nie. MY liefde moet ten alle tye by julle heers en daarom moet julle nie ingee vir al die negatiwiteit wat satan voor julle voete in wil gooi nie. Luister net na MY en julle sal nooit voel of julle niks bereik in MY nie. EK sal vir elke een sy loon gee en dit wat jy nodig het vir jou siele groei, sal jy van MY ontvang, maar dan moet jy jou kant ook bring omdat jy jouself benadeel wanneer jy vir die bose en sy praatjies ingee.

 Luister nou, MY kinders!

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205