DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 11

22 April 2008  08:15

 

EK sal elkeen wat baie ernstig is oor die Eenwording met MY alles vertel en EK sal elke fout wat hy of sy maak aan hom of haar uitwys sodat daar werk van gemaak kan word. EK wil hê dat julle almal na MY sal kom en MY vra wat nog in julle steek wat nie daar hoort nie omdat EK dit dan sal uitwys op die beste manier wat nodig is, sodat julle aan julleself kan werk en kan sien dat julle nie volmaak is nie. MY kinders,  EK belowe die Eewording, maar julle moet ook aan julleself werk sodat julle volmaak kan word omdat EK net met die volmaaktes van hart Een kan word. Nou kan julle met reg sê dat julle nooit uit julleself volmaak kan wees nie en dat dit net EK is wat julle volmaak kan maak. Ja, dit is so, maar daar is iets van julle kant af ook nodig om volmaak te kan word. Net die probeerslag om volmaak te kan wees, is al genoeg vir MY en wanneer EK sien dat iemand werklik probeer om volmaak te wees en homself met ‘n kritiese oog bekyk, sal EK kom en daardie persoon te hulp snel omdat EK dan die erns in daardie mens raaksien. EK sal dan kom met reinigingsmiddels en aan daardie persoon wys waar sy foute nog sit. Daarvan kan MY knegte al getuig. EK kom met die grootste liefde en EK roep hulle na MY sodat EK met hulle kan praat en aan hulle hulle ongeregtigheid kan uitwys. Dit is nie ongenadig van MY nie, maar baie regverdig en liefdevol omdat EK julle dan meer en meer volmaak laat word sodat julle al hoe nader en nader aan MY kan kom. Dit sal vir elke een van julle wat werklik ernstig is met MY gegee word omdat EK sien dat julle MY bo alles verkies. EK sal kom in die stilte van die nag of in die besige dag en julle sal MY nie verwag nie omdat EK soos ‘n dief in die nag sal kom en julle sal verras. EK sal kom en aan julle julle foute uitwys en dit sal nie vir julle altyd lekker wees om dit agter te kom nie, maar EK doen dit uit liefde en EK doen dit sag sodat jy die minste seer kan kry. MY kinders, dit is vir niemand lekker om sy foute agter te kom nie en wanneer jy dan dink dat jy alreeds ver gevorderd in die gees is, sal dit vir jou ‘n aaklige verrassing wees om nog ‘n fout agter te kom. Maar wat ‘n slegte verrassing sal dit nie wees as EK met iemand anders Een kan word en jou nog afwys nie? Wil julle dan nie eerder hê dat EK aan julle julle foute moet uitwys sodat die Eewording kan geskied en nie verder uitbly nie? EK verkies om julle julle foute betyds uit te wys sodat julle daaraan kan werk en as EK dan die dag met die eenwording na jou naaste kom ,jy nie uitgesluit sal wees en hartseer weg moet draai van MY af nie. Wees daarom verseker dat nie een van julle wat nou hier lees al geskik is om met MY te verenig nie omdat daar nog teveel van julle eie ek in julle steek en ook omdat julle liggame nog te belangrik vir julle is. EK verwag nie van julle om kaal te loop wanneer die wind daarbuite waai nie . Ook verwag EK nie van julle om niks te eet nie, maar verwag van julle om MY bo alles te stel. EK wil hê dat julle MY bo alles sal liefhê en alles sal doen wat EK vir julle sê. Wat Ek wil hê is dat julle julle liggame sal kruisig en wanneer jy weet dat jy nog verknog is aan iets wat vir jou lekker is, moet jy dit uit die liefde van jou hart vir MY, aflê. Dit is wat Ek wil hê. Alles wat jy sal los ter wille van MY, sal jou vry maak van jou liggaam waaraan jy nog so verknog is. Dit moet net uit die liefde vir MY geskied en nie gedwonge nie, anders baat dit jou niks en sal jy daarna terug verlang, al doen jy dit nie meer nie, en dit beteken vir MY niks nie. Lê die dinge waaraan jy vasgeheg is af, deur die liefde vir MY en jy sal Een met MY kan word op ‘n vinnige manier. Dit belowe EK vir julle almal wat na die eenwording met MY smag. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205