DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 17

29 April 2008 07:41

 

Daar sal baie dinge aan julle openbaar gemaak word wanneer julle eers een met MY is omdat baie dinge vir julle nog onverstaanbaar sal wees en julle nie kop of stert daarvan sal kan uitmaak nie. Eers wanneer MY GEES heeltemal van julle besit geneem het, sal baie dinge vir julle verstaanbaar wees. EK het vir MY seun ‘n droom gegee waarin hy die baie water beleef het wat EK op julle sal uitgiet. MY kinders, wanneer julle al daardie strome van seën julle gelyk moes tref, soos in sy droom, sou julle dit nie kon hanteer nie. EK gee net die hoeveelheid wat julle op een slag kan dra. Wees daarom tevrede met die wat EK julle gee omdat meer vir julle siel skade sou bring en julle dalk net die lewe agter kan laat. EK openbaar aan elke en net dit wat vir sy siel tot voordeel strek en daarom praat EK dan ook met baie van julle en kan julle MY al sien. Die wat kan, kan MY aangesig al sien soos wat EK MYSELF aan hom of haar openbaar, maar die wat nog nie MY aangesig kan sien nie, is nog nie gereed daarvoor nie en sal dit eers kan sien wanneer EK dit goed dink. Luister na MY woorde wat Ek vir die gee wat MY alreeds kan hoor en luister na die leringe wat EK daardeur gee, maar kom soek MY self ook sodat Ek ook jou geestesoog kan open en jy ook openbaringe van MY kan ontvang wat net op jou van toepassing is. EK ken elke een se hart en wil met elkeen praat, maar die wat nog nie MY stem kan hoor nie, is nie geestelik agter die ander nie. Dit is nie noodwendig die rede dat julle MY nier kan sien nie. Dit is omdat net EK die antwoord ken en wanneer EK dan aan daardie mens sy innerlike sal open en MYSELF aan hom of haar sal openbaar, kan dit dalk net wees dat daardie een wat laaste na MY kon kyk en MY stem laaste kon hoor, baie verder gevorderd in die gees is wat die ander en ook hyself gedink het. So, moenie dink dat die een wat nog doof en blind is, baie ver agter jou of die volgende een staan wat MY al kan hoor nie. Gaan bid eerder vir daardie een sodat MY stem in elke een se hart kan weerklink en dit vir hom of haar ook vreugde kan verskaf soos vir jou. MY kinders, julle almal is deur MY uitverkies en daarom is daar nie een wat beter is as die ander een nie. Elke mens is vir MY mooi omdat EK dit in daardie persoon sien wat ander nie in hom of haar sien nie. net EK ken elke een se hart en baie keer sal julle iemand so kyk en dink dat hy of sy nou dit of dat dink en baie maal lyk iemand vir julle glad nie soos wat hy praat nie. Julle sing baie keer “vreugde in die hart” en iemand lyk so sonder vreugde, maar diep in sy hart heers die grootste vreugde en daarom moet julle nooit iemand op sy voorkoms  oordeel nie. Kom gee alles in jou hart net vir MY en EK sal weet of jy opreg is, al lyk dit nie so vir iemand anders nie. EK sal jou hart oordeel en nie jou uiterlike nie en daarom is EK ook die enigste wat die ware jy ken. EK sal dit openbaar aan wie EK wil en ook kan niemand vir MY kinders, wat MY stem kan hoor, lieg nie, maar omdat hulle die naasteliefde in hulle het, bly hulle maar dikwels stil en dra maar die leun wat jy nou net na hulle gegooi het aan MY op. Moenie bekommerd wees oor die wat MY plek verlaat het nie aangesien hulle is waar hulle wil wees en EK hulle ook nog steeds sal beskerm teen die vyande daarbuite. Hulle het die verkeerde keuse gemaak en sal ook die prys daarvoor moet betaal, maar EK wil hê dat julle net op MY moet fokus en van hulle vergeet omdat julle julleself negatief maak wanneer julle aan hulle en hulle negatiewe houding dink. Dink aan MY en streef net die Eenwording met MY na sodat julle die Eenwording kan verkry want julle sal hulle moet gaan haal, aangesien hulle nie die eenwording met MY sal verkry daar waar hulle nou is nie. Bid net vir hulle wat in die sonde verval het en dra hulle aan MY op en verder hoef julle niks aan hulle te doen nie, omdat EK in beheer is en hulle met ‘n rede tussen julle uitgehaal het. Wees daarvan verseker dat MY herberg sal bestaan en dat dit die enigste plek in die hele heelal is waar EK in julle midde sal rondloop omdat julle alle vuil van julle af weg gewerp het. Aan die van julle wat nog in MY herberg sit en sonde doen wil EK dan ook net sê dat EK nie met MY sal laat speel nie en as jy nie wil hoor nie, sal EK jou ook tussen MY opregte kinders uithaal en net die wat werklik ernstig is, sal dan oorbly. Dit is harde woorde, maar ter wille van die wat net die Eenwording met MY nastreef, sal EK dit doen omdat hulle MY met opregte harte gesoek het en nog steeds alles opgee vir MY.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205