DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 34

25 Mei 2008   12:38

 

MY openbarings sal die wêreld vol gaan omdat EK MY volk van regoor die wêreld wil wakker skud en aan hulle wil wys dat EK nog steeds barmhartig en vol genade is. Julle , MY volk, is die voorbeeld wat baie gaan trek omdat hulle MY in julle sal sien en ook soos julle sal wil wees. Dink net daaraan dat almal wat met julle in aanraking sal kom en wat MY graag wil leer ken,by julle sal leer. En dit sal hulle tot voordeel strek omdat hulle MY dan sal vind en MY ook so sal leer liefkry omdat MY liefde uit julle sal straal en hulle dan eindeloos gelukkig by julle sal wees. Wanneer  hulle julle sal sien en die liefde wat uit julle kom, sal hulle oortuig wees daarvan dat daar hemel op aarde kan wees as EK hier by julle teenwoordig is. Binnekort sal hulle dan ook die wedergeboorte sien en ook saam met julle sal hulle MY dan dien soos wat hulle graag wil. Dit sal vir elkeen wat die wedergeboorte beleef deurdat hy iemand anders wat die wedergeboorte het ken en lief het, van groot nut wees omdat hy dan deur die wedergebore kind van MY gehelp sal word tot dat hy self wedergebore sal wees. MY kinders, julle is die eerstes wat in die gees wedergebore sal wees en dit sal nie net vir julle wonderlik wees nie, maar ook vir die res van julle volk omdat hulle dan ook baat daarby sal vind. Wees daarom ywerig sodat julle ander ook kan help. Wanneer jy aan jou eie wedergeboorte werk, werk jy ook vir die persoon wat jy gaan help nadat jy eengeword het met MY. En dit moet al klaar vir julle aansporing genoeg wees omdat julle naasteliefde nou al so groot moet wees dat julle alles sal doen vir julle naaste. Werk vir jouself om die wedergeboorte te bereik, maar ook vir die ander wat jy gaan help. Die aarde het so iemand baie nodig omdat die geestelike nood so groot is dat Ek nie eers kan begin om dit aan julle te verduidelik nie. julle het al so ‘n idee van die geestelike nood omdat julle dit by julle eie familie kan sien ook omdat die wêreld geen geheim van sy sonde en swakheid maak nie. al is dit in die wêreld se oë geen swakheid nie, kan julle tog insien dat dit swak is en nie uit MY uit nie. daarom moet dit in julle harte sit om lig te bring aan die ander wat daarna smag, maar wat niks vanuit hulleself daaraan kan doen nie. wanneer julle wedergebore is, sal julle alle ander kan help wat Ek julle uitwys omdat net Ek weet wie die hulp sal aanvaar en waardeer. Die wat niks met MY of MY kinders te doen wil hê nie, sal net so gelos word omdat dit hulle eie rye wil en keuse is, maar vir die wat na MY lig en liefde smag, sal daar verlossing wees en hulle sal ook in die lig van MY liefde kom staan en as hulle dan ‘n baie groot erns het, sal hulle ook die wedergeboorte kan bereik. Dit is dan ook hoe dit sal wees met die men  van die ander lande wat hierheen gaan kom. Hulle sal so deur julle lig verblind word dat hulle nie anders sal kan , as om ook die wedergeboorte te bereik nie. Dit sal dan vir die hele wêreld goed wees omdat daar nog baie sal wees wat hierheen sal kom in die geloofstryd wat ook gered moet word, al sal hulle nie meer op aarde die wedergeboorte kan bereik nie. Maar wees gerus, almal van julle wat nou hier is, sal dit bereik deur MY genade en daarom het Ek julle ook uit die wêreld geroep sodat julle julle tyd en aandag aan MY kan wy en die wedergeboorte loshande voor die stryd kan bereik. Alle liefde vanuit MY hande word aan julle gee sodat julle dit kan bereik as julle maar net wil en as julle maar net die tyd aan julleself sal wy om julle gereed te kry daarvoor. Dit is MY belofte aan julle almal wat MY soek en die wedergeboorte wil bereik voor die donker tyd aanbreek. Die tyd waarin almal wat MY nie liefhet nie, sal omkom en net die opregtes van hart sal oorleef. Sorg dat julle in MY lig bly en dat julle die eenwording met MY nastreef en nie julle tyd aan aardse dinge wy nie. Dit is al vir vandag.

Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205