DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 4

15 April 2008  08:18

 

In en om MY is daar baie ligwesens wat wag op ‘n opdrag van MY, hulle Vader en Skepper. Die opdrag wat hulle dan van MY sal ontvang is een wat gewoonlik gepaard gaan met die red van baie siele. So is daar baie ligwesens om julle wat julle na MY toe trek en julle harte beïnvloed en julle in die stemming plaas om MY te loof en prys. MY kinders wat vir MY lief is, weet al hierdie dinge en hulle kan daarvan getuig ook. Wanneer Ek dan sulke geeste wat MY wil dien na julle stuur, sal julle vrolik en bly begin voel omdat Ek julle na MY toe trek en hulle sal julle versterk met MY krag sodat julle weer aan kan gaan en MY kan dien. Wie wil MY dien? Dit is die mens wat MY werklik liefhet en wat graag wil doen wat MY behaag. EK wil hê dat julle MY moet dien deurdat julle julle naaste dien en dit is dan ook die ware naasteliefde. Die are naasteliefde maak MY baie gelukkig omdat dit beteken dat julle MY liefhet wanneer julle julle naaste dien. Al is dit ‘n gees wat jou kom dien terwyl jy op aarde in ‘n liggaam is, is dit nog steeds naasteliefde3 omdat julle almal naastes is, al is jy in ;’n liggaam en hy/sy al uit die menslike liggaam. Wanneer julle bereid is om julle naaste te dien, al moet jy ‘n gees so dien, sal dit MY baie bly maak. MY kind, wanneer jy ‘n gees dien beteken dit nie dat jy daardie gees aanbid nie, maar dat jy vir daardie gees of siel bid. Dit beteken dat daar mense is wat nie meer ‘n liggaam het nie, maar in die diepste van duisternis sit en dat jy dan vir daardie persoon bid sodat hy of sy gered kan word van die duisternis waarin hy of sy sit. Dan dien jy ‘n gees of siel. Jy aanbid hom nie, jy bid vir hom. Jy dien MY dan ook op so ‘n manier omdat jy iemand help wat hulp nodig het en sodoende kan hy sy weg na MY vind wat andersins onmoontlik sou gewees het sonder gebed of hulp van jou kant af. Bid vir die mense wat alreeds hulle liggame afgelê het omdat jy nie weet wat van hulle siele geword het nie. sit hulle nie dalk in die diepste duisternis nie, of is hulle al die lig van MY liefde? Dit weet jy nie altyd nie omdat jy nie in iemand se hart kan sien nie. daarom sal dit goed wees as julle gereeld vir die gestorwenes bid. Julle vergeet dit dikwels omdat julle hulle nie voor julle sien nie en dan word hulle afgeskeep en dit maak dan dat hulle langer in die duisternis sit of wanneer hulle nie in die duisternis sit nie, sal hulle langer vat om tot MY te kom en heeltemal deur MY oorgeneem te word. Met ander woorde, hulle sal dan langer vat voordat hulle bruikbaar kan word en weer ander kan help. Daarom moet julle aan hulle dink gedurig en hulle aan MY opdra , want net een gebed vir die gestorwene kan hom al baie help. Wanneer niemand aan die gestorwenes dink nie, kan niemand vir hulle bid nie en daarom gee EK vandag vir julle hierdie hoofstuk sodat julle aandag weereens daarop gevestig kan word en dat julle vir hulle kan bid. Maak dit sommer julle eerste prioriteit vir vandag sodat daar siele gehelp kan word wat julle gebede vandag baie dringend nodig het. Bid sonder ophou vir julle volkie wat ook dood is, maar dood in die gees en nie liggaamlik nie omdat die tyd baie min is en niemand dit raaksien nie. Die mense gaan aan asof daar niks groots gaan gebeur nie, maar die tyd is so naby dat daar nie meer tyd is vir bid en vas nie. Al wat julle nou kan doen is om nog meer aan julle siel te werk sodat julle ten minste die eenwording met MY kan bereik voor die groot dag aanbreek en dat julle julle broers en susters daar buite kan gaan help omdat die tyd te min geword het om hulle self te gaan bearbei. Werk dan aan julleself sodat die eenwording met MY bereik kan word en dit is dan ook die hoofrede vir die herberg wat EK SELF gestig het. EK het julle uit die wêreld gaan haal sodat julle vir MY kan werk terwyl julle geen sorge van die wêreld hoef te hê nie. Dit is net soos die tyd toe EK in die vlees tussen MY mense rondgeloop het en EK MY dissipels opdrag gegee het om MY te volg en die wêreld agter te laat sodat hulle aan hulleself kan werk en daar tyd kan wees vir die bevordering van hulle siele. As EK hulle net gelos het om in die wêreld ‘n bestaan te maak, sou hulle nie so geweldig geestelik gegroei het sodat hulle die eenwording met MY kon bereik nie. Julle is nou weer MY dissipels wat EK uit die wêreld gaan haal het en EK het julle opdrag gegee om MY te volg en julle het. Julle het alles gelos om MY te volg en toe MY roepstem weerklink het, het julle ag daarop geslaan en daarom sal julle dit bereik waarvoor julle hier is. EK sal elke een wat hier is,oud en jonk met MY GEES vervul sodat julle vir MY die werk kan gaan doen wat EK van julle vra. Julle sal soos MY dissipels van ouds weer uitgaan en julle naaste gaan haal sodat hulle nie verlore sal gaan nie. daarom sê EK dat MY guns op julle geval het en dat julle MY guns sal sien. Julle sal deur MY beloon word vir alles en heel eerste sal EK na julle kom in die vlees voordat alles begin.( Ek het vir Jahshua gevra of HY bedoel dat HY werklik in die vlees na ons sal kom voor die dinge begin ene HY het gesê” Julle sal sien, MY kind. EK sal in die vlees na julle kom voor die dinge begin.”  Ek het vir Vader gesê, Wie is ons dat U na ons moet kom en HY het gesê.” Julle is MY uitverkorenes.” Wat Ek vir julle sal sê wanneer EK in die vlees na julle sal kom, sal julle uitvind wanneer EK daar kom . Maar Ek sal julle bemoedig vir die stryd wat voorlê en julle sal geen vrees meer hê nie. Daar is vandag baie wat julle wil verhinder om na MY te kom en die satan wil julle verhoed om MY te dien sodat julle broers ook gered kan word. Daarom gooi hy alles in julle pad sodat julle nie geestelik kan groei nie. MY kinders, moenie toelaat dat hy julle van julle krag beroof deurdat daar twis of enigiets dergeliks tussen julle kop uitsteek nie. Wanneer dit gebeur, gaan daar van MY krag van julle af weg en julle moet dan weer van voor af hard werk om daardie krag vanuit MY te verkry. Wanner dit aanhoudend gebeur ,sal die satan daarin slaag dat julle nie genoegsaam kan groei voor die stryd kom nie en daarom waarsku EK julle so gereeld en sê EK vir julle om hom tussen julle te verjaag deurdat julle die ware naasteliefde toepas, want dan neem hy die wyk, en  julle kan geestelik groei. Dit is die brood wat EK vandag vir julle wil gee sodat julle gevul kan word met MY GEES en EK en julle gelukkig kan wees. Wanneer julle MY brood eet, sal julle ware vegters vir MY word en dit is dan ook die betekenis van dit wat EK vanoggend vir MY kneg gewys het. EK sal al MY liefde op MY kinders uitstort en hulle sal almal gereed wees voor die groot dag aanbreek, al lyk dit vir julle nog of julle ‘n vêr pad het om te stap voor julle die eenwording met MY sal kan verkry. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205