DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 15

25 April 2008 04:39

 

EK sal MY lig oor elkeen laat skyn wat dit diep in sy hart verlang en elke mens sal kry wat hy graag begeer. Wat jy begeer sal vir jou gegee word en daarom moet jou begeertes altyd rein wees omdat EK jou ook aan jou onreine begeertes sal oorgee. Elke onrein gedagte wat jy in jou hart koester, sal vir die dood beteken omdat jy dit dan koester en grootmaak in jou binneste. EK sal elke onrein gedagte wat jy graag wil hê vir jou gee en dan het jy net jouself te blameer as dit sleg gaan met jou. Luister nou na MY. Moenie dinge in julle harte plaas wat nie daar hoort nie. EK SELF sal vir julle gee wat julle nodig het en julle moenie kom soek vir dinge wat julle nie nou geoorloof is nie omdat net EK die regte tyd en  besluit daarvoor ken. EK ken elke mens se gedagtes en begeertes en wanneer jy MY dan bo alles liefhet moet jy dit meet aan MY woorde en ook aan dit wat EK in jou binneste aan jou bekend maak. Niemand kan vir jou sê dat jou gedagtes onrein is behalwe EK nie omdat EK elke gedagte en elke hunkering in jou binneste ken. Gooi elke onreine gedagte dadelik van jouself af weg en kom vra MY wat EK graag wil hê vir jou. EK sal altyd net die beste vir jou gee omdat EK jou baie liefhet en weet dat dit wat jy graag wil hê nie altyd die beste vir jou is nie. EK wil vir elke een net die beste gee en sal dit ook doen as julle MY toelaat om in julle lewens te kom en die besluit vir julle te maak. Dit sal nie altyd maklik vir jou wees nie omdat EK weet dat jy dalk al daardie ding baie liefgekry het, maar weet ook dat alles wat jy weereens vir MY opgegee het, weer aan jou terug gegee sal word omdat EK niks van jou af weg sal vat en jou nie daarvoor sal vergoed nie. Luister net na MY en jy sal altyd gelukkig wees, op die regte tyd. Weet ook dat die regte ding op die regte tyd sal kom en dat julle nie dinge moet aanjaag en ongeduldig na iets anders gryp omdat julle nie meer kan wag nie. As EK die meeste in elke een se lewe is, sal dit nie vir julle moeilik wees om dit te glo en daarmee vol te hou nie. Laat net alles in MY bekwame hande oor en jy sal die gelukkigste mens op aarde wees. Dit sê EK vir almal wat onreine begeertes in hulle harte koester en hulle sal weet met wie EK praat.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205