DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 20

3 Mei 2008   09:20

 

EK alleen weet wie vir MY lief is en daarom weet EK presies hoe om met elkeen te werk. Julle dink dikwels dat almal maar dieselfde in die binnekant is en dan dink julle dat dit wat vir julle goed was dan nou ook vir die volgende persoon goed sal wees, maar dit is nie so nie en daarom moet julle glo as EK julle dinge op verskillende wyses wys. EK sal iets aan iemand wys en dan dieselfde ding aan iemand anders op ‘n heel ander manier aan hom bekend maak. Daarom moet julle nie ook net sekeres glo nie, want almal kry hulle boodskappe van MY en sien die dinge wat EK aan julle uitwys , maar op verskillende maniere of wyses. Glo daarom MY kinders wat die dinge om hulle waarneem en dit dan aan julle kom vertel. Elke een is kosbaar in MY oë en sal nie beter wees as die volgende een langs hom of haar nie. EK het elkeen so baie lief dat Ek vir julle almal gesterf het en nie net vir sekeres onder julle nie. Dink aan mekaar met die liefde wat EK vir julle het en julle sal verstaan waarom EK die ander persoon wat hier voor jou staan ook liefhet met dieselfde liefde as vir jou. Niemand is meer spesiaal as die ander een nie en dit moet julle nou onthou en nie dink dat jy meer spesiaal as die ander een is nie. EK weet dat sommiges van julle spesiaal voel en dit is hoe EK dit aan jou tuisbring omdat jy MY bo alles liefhet, maar jy is spesiaal vir MY omdat jy jy is. Verstaan julle wat EK probeer sê? Elke een is vir MY spesiaal en elke een is pragtig in MY oë en niemand is vir MY lelik nie. Elke mens wat EK geskape het, al doen hy sonde, is vir MY mooi. Dit is die sonde en die bose in hom of haar wat lelik is en nie die mens of siel nie. Elke siel kom uit MY en daarom sal dit mooi wees omdat EK niks wat lelik is skep nie. Selfs elke plant en dier is vir MY mooi op sy eie manier en EK sien die rede in vir daardie spesifieke plant of dier se bestaan en daarom moet julle nie neerkyk op sekere dinge nie. As dit nie was vir die “lelike” plant of dier nie, sou daar siele gewees het wat nie verder ryp kon word om die Eenwording of kindskap van MY te verkry nie en dit sou dan ‘n blokkasie veroorsaak het. Die siel van elke mens het mooi in hom omdat dit uit MY kom, maar ongelukkig kan julle self die kant van die bose ook kies as julle wil en die bose maak dan die mens of siel lelik. Dink daaroor na wanneer julle weer iemand sien waarvan julle nie hou nie en hou dit ingedagte dat dit die slegte demone is wat hom of haar onaanvaarbaar vir jou maak. Omdat jy MY GEES in jou het , sal dit vir jou moeilik wees om van almal te hou omdat jy die boosheid in iemand anders sal raaksien en die boosheid dan daardie persoon se ware persoonlikheid sal verberg vir jou aangesig. Jy sal dan nie van die mens hou nie omdat jy dink dat die boosheid in hom, sy geaardheid is, wat natuurlik baie vêr van die waarheid is. Daardie mens word ook ongelukkig dan soos die boosheid in hom en al die mooi val dan weg en net EK kan dan die bietjie mooi wat nog in daardie mens skuil, raaksien. Maar gelukkig het EK baie geduld en ken EK elke mens en weet EK wanneer elke een sal regkom en MY liefkry en daarom moet julle ook niemand oordeel nie, want die dooies waarvan julle praat, het dalk ook al lankal hulle weg na MY gevind en beskerm julle dalk al as engele van MY. Luister net na jou hart en jy sal sien dat EK jou aanspreek wanneer jy iets leliks van iemand anders wil sê of dink. Gooi nou alle lelike gedagtes van jou af weg en volg MY en werp alles op MY skouers en EK sal elke las vir jou dra sodat dit van jou skouers af kom omdat jy net ‘n swak mens is wat niks kan dra nie. Ek sal alles vir jou dra en wanneer jy daaroor bekommerd is, verleng jy net die tyd dat jy by MY kan uitkom. Bekommernisse is nie van MY nie omdat EK oor alles rustig is en niks MY van julle af kan laat sien nie. MY lieflingkinders, EK is tans besig om baie intensief met MY voorloper te werk en daarom wil EK weereens vir julle sê om hom baie aan MY op te dra. Daar is nog ander faktore wat maak dat hy nie kan uitgaan nie en EK wil hê dat julle MY moet kom vra wat dit is sodat EK vir julle die antwoord kan gee. Gee dit dan ook in MY hande oor en moenie bekommerd wees oor die tyd nie want alles is nog steeds in MY hande. Ook die tyd van die voorloper. Hy is al gereed om vir MY te begin werk, maar die ander dinge hou hom terug en veral die vroulike kant van julle, MY kinders is die grootste rede vir sy terughouding. EK sal elke een wat hieroor wonder SELF antwoord en julle kan dan met mekaar daaroor praat as julle dit nodig ag. EK sal julle raad gee oor wat om te doen sodat hy kan uitgaan en vir MY, en ook vir julle, kan gaan werk. MY voorloper sal MY dien met sy hele hart en niks sal hom dan terughou nie en elke ding wat hy vir MY sal doen, sal vir hom die grootste plesier verskaf omdat sy liefde vir MY baie groot is en niks hom sal kan stuit nie. Vertrou net op MY en EK sal die dinge vir julle rig . EK sal hom regkry sodra julle gereed is en dan sal alles in julle land ook begin. Maar laat elkeen van julle aan julleself werk en dit aan MY oorgee wat moet gebeur en alles sal reg wees , soos wat EK dit beplan het eeue gelede. Luister nou MY kindertjies en glo elke woord wat hier staan want dit is EK wat hier spreek.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205