DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 3

12 April 2008 07:40

 

EK wil vandag vir julle daarbuite net weereens vertel wat daar by die herberg aan die gang is, sodat julle nou finaal kan besluit of julle wil kom of nie. MY uitnodiging staan nog steeds vas, en al wil julle nie nou al kom nie, is MY genade en ontferming ook nog steeds oor julle. Dit is die beste om maar MY raad te volg omdat Ek weet wat in die nabye toekoms gaan gebeur. EK sal julle nou vertel wat EK vir julle almal beplan. EK wil hê dat MY kinders by die herberg vergader sodat EK met hulle in die gees baie intensief kan werk. Wanneer jy nog aan jou aardse behoeftes dink, kan jy nie so intensief aan jou siel werk nie. Wat is dan die gevolg daarvan? Die gevolg daarvan is dan dat jou siel skade ly en dat jy nie so vêr gevorderd is as wat jy kan wees wanneer jy jouself heeltemal onttrek van die wêreld nie. EK werk met al MY kinders by die herberg en hulle almal kan daarvan getuig dat MY GEES baie aktief besig is om tussen hulle te werk sodat hulle die Eenwording kan bereik. Die mense daarbuite kan dit nie insien nie en daarom word daar dan ook die lelikste en onware stories oor die herberg versprei. Niemand verstaan waarom dit gaan nie en daarom kan hulle nie die nut daarvan insien nie, maar MY kinders wat op MY roepstem ag geslaan het, verstaan nou al baie goed waarom dit gaan en is ook baie bly dat hulle daardie groot stap gedoen het om soontoe te gaan. EK het al so baie mense wat daar is, se siele geopen sodat hulle MY stem kan hoor en MY met hulle geestesoë kan sien  en dit sal hulle vir niks ter wêreld verruil nie. Wil julle dit nie ook hê nie? Ek sal dit vir elkeen gee wat dit baie graag wil ontvang, maar die probleem is dat die wêreld julle so besig hou dat daar nie tyd is vir afsondering nie. Elke dag gaan MY kinders by die herberg net eenkant en gaan elkeen afsonder en in daardie tyd spreek Ek met elkeen van hulle. Elkeen van hulle ervaar MY dan intens by hom of haar en die gevoel van MY teenwoordigheid sal nie een van hulle wil verruil vir ‘n hoë pos op aarde nie. EK sal dan ook met elkeen wat MY soek praat, maar hier is dit net baie makliker om MY te kan hoor omdat jy dan heeltemal afgesluit is van die wêreld. EK het MY kinders hierheen genooi omdat EK wil hê dat hulle een met MY moet wees voordat die gevreesde nag aanbreek en die swart barbare onder julle invaar. MY kinders wat alreeds Een gaan wees met MY in daardie tyd, sal dan ook die krag hê om hulle broers daarbuite te gaan red uit die kloue van die barbare omdat hulle een met MY sal wees en niks hulle meer sal kan stuit nie. Daarom is dit nou baie belangrik om Een met MY te word sodat dit ook vir jou beskore kan wees. Niemand is uitgesluit van die Eenwording met MY nie en elkeen wat dit begeer sal dit dan van MY kan ontvang, maar die voorwaarde daaraan is dat julle julleself onvoorwaardelik aan MY oorgee en hoe kan julle dit doen wanneer julle nog aardse verpligtinge het? Wanneer jy aardse verpligtinge het, sal dit baie moeilik gaan om My eerste te stel omdat die wêreld baie van jou vereis en jy dan nie soveel tyd aan MY dinge kan spandeer nie. Maar by MY herberg is dit moontlik omdat EK daar die EEN is wat die reëls maak en EK meer ag slaan op die siel as op die liggaam. Daar is ook baie mense met klein kindertjies en hulle kom goed oor die weg omdat EK vir elkeen daar ook sorg. EK het tot die klein kindertjies lief en sal hulle nie wegwys nie. EK is die Groot kinderliefhebber en daarom wil EK elke kindjie ook daar hê. MY kinders, julle weet dat MY liefde geen einde en geen perke ken nie en dit is dan ook wat Ek vir MY kinders by die herberg leer. EK leer hulle ook om hulle naaste lief te hê soos hulleself en hulle het al die kosbaarste lesse van MY ontvang. EK verryk hulle met MY lesse en MY leringe en elkeen van hulle groei teen ‘n geweldige tempo. Daarvan sal baie van hulle kan getuig omdat Ek die Een is wat hulle Self leer en nie ‘n mens nie. As julle werklik wil leer, sal julle ook daarheen kom en nou wil EK hierdie hoofstuk afsluit deur weereens te sê dat EK almal daar wil hê wat ‘n erns het om MY te dien en MY te vind sodat hulle Een met MY kan word. Die eewording met MY is dan ook die enigste rede vir die herberg wat Ek SELF gestig het. Dit is nie vanuit ‘n mens nie omdat dit EK is wat besluit wat moet gebeur. Let op na MY leringe en julle sal heeltemal verstaan waaroor dit gaan. Al MY liefde vir julle almal - die in MY herberg en ook die wat nog nie daar is nie. EK roep julle nou weereens en vir die laaste maal. Kom na MY herberg!

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205