Oor die drumpel van die DOOD
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

 

Wie was Jakob Lorber?

Die uiterlike gebeurtenisse in die lewe van Jakob Lorber, wie op 22 Julie 1800 in Kanisga (Oostenryk) gebore was en homself as musiekonderwyser, musikus en komponis gevestig het te Graz, bly beskeie teenoor sy roeping as 'skryfkneg van God', wat hy in sy veertigste jaar deur die innerlike Woord ontvang het.

Op 15 Maart 1840, toe hy in sy moregebed versink was, hoor hy `n innerlike stem, wat uit sy hart skyn te kom en hom duidelik toespreek: "Staan op, neem jou pen en skryf!" Lorber gehoorsaam hierdie geheimsinnige stem, neem sy pen en skryf woord vir woord op wat deur die innerlike woord aan hom gedikteer word. Die eerste sinne lui: "So spreek die Heer tot elkeen en dit is waar, gewis en getrou. Wie met My wil spreek, moet na My toe kom en Ek sal hom die antwoord in sy hart lê. Slegs die reine, wie se hart egter vol deemoed is, sal die klank van My Stem verneem as mens". Daar was juis `n aanstelling as kapelmeester in Triest vir hom aangebied, dog wys hy dit af en volg sy roeping deur die opskryf van die in sy binnenste gedikteerde woord en dit doen hy tot by sy dood in 1864. Sy biograaf en vriend Karl Ritter von Leitner berig daaroor: "Die gesig rustig en luisterend, ononderbroke skrywend, nooit stokkerig nie, nooit uiterlik besinnend nie, gly sy pen oor die papier". So ontstaan gedurende `n tydsverloop van 24 jare `n unieke werk, wat tans 25 boeke van ongeveer 500 bladsye elk vul, die kleinere geskrifte nie saam gereken nie. Lorber se geskrifte wat deur Goddelike inspirasie ontvang is, bied `n geestelike beskouing van die wêreld, wat nie alleen die Christelike vernuwingstendense nie, maar ook die wetenskap, ja die hele lewensgevoel van die hedendaagse mens verklaar, Sy werke is net so tydloos as wat dit aktueel is.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205