Oor die drumpel van die DOOD
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

 

Oor die drumpel van die dood

Die voortlewe in die wêreld aan die ander kant

Voorwoord

Die inhoud van hierdie boekie was in 1847 aan die Oostenrykse skrywer Jakob Lorber deur die innerlike woord gedikteer. Dit behandel die liggaamlike sterwe van verskillende karakters en hul ontwaking en voortlewe in die wêreld aan die ander kant. Om die hierin beskrewe lotgevalle van die gestorwe siele goed te begryp, moet mens weet dat die mensesiel, wanneer sy nog nie, in haar aardse lewe, die volle geestelike wedergeboorte bereik het nie, na die dood, in die wêreld van die gees, `n verdere rypingsproses moet deurmaak. Oor hierdie ontwikkelingsweg na die dood was nog altyd weinig bekend, omdat elke siel in die eerste instansie in `n ander wêreld beland, `n wêreld wat ooreenkom met die innerlike toestand van die siel op daardie oomblik van afsterwe. Mens kan sê; soos wat die boom geval het, so lê hy! Aan die ander kant is die siel wat met haar gedagtes, gevoelens, begeertes, neigings, kennis en voorstellings betref, in die begin slegs aangewese op dit wat sy uit haar voormalige aardse lewe saamgebring het.

Die innerlike gedagtes-, gevoels- en driftelewe van die oorgegane siel moet op die nuwe bestaansvlak deur onderrig en ervaring verder ontwikkel word en in goddelike sin gesuiwer en vervolmaak word. Dit is die taak van die siel sowel as van die geestelike helpers wat geroepe is om haar behulpsaam te wees, wat geen nuwe opdrag vir hulle is nie, maar slegs die sinvolle voortsetting van hul vroeëre aardse vormingswerk.

Daarmee kom die 'rus en slaap van die dode', waaroor die volksmond en die opskrifte op grafstene spreek, in `n nuwe lig te staan.

Die toestand van die oorgegane siele, wat die wêreld agter hulle gelaat het en nie meer oor stoflike sintuie beskik nie, kan inderdaad oënskynlik as `n 'rus' en 'slaap' aangedui word. Hul gedagtes, gevoels- en driftelewe kom volledig ooreen met die fantasielewe van ons drome. Soos ons siel tydens ons aardse, nagtelike drome met haar fantasie die mees uiteenlopende innerlike en dikwels baie lewendige droombelewings en droombeelde skep, kan en doen sy dit ook in hierdie nuwe toestand aan die ander kant, waarin sy van haar liggaamlike omhulsel bevry is.

Die volgende is egter baie wesenlik en belangrik; die fantasie en droomlewe word aan die ander kant nie aan die willekeur van die siel oorgelaat nie, maar word deur die leidende geeste en engele wyslik beïnvloed en tot `n aktiewe innerlike lewe gevorm. Deur sinvolle gebeurtenisse en indrukke word die siel van die een ervaring na die ander gelei op presies dieselfde wyse as in die aardse lewe. So word die siel tot die lig van hoëre insigte gevoer. Soortgelyke dinge belewe en ervaar sommige mense tog ook reeds aan hierdie kant tydens helder drome, wat deur hul beskermgeeste bewerkstellig word. En op die manier as`t ware deur versterk en voortdurend visioenêr te droom, moet die siele nou ook in hierdie nuwe skool aan die ander kant leer om die ou, selfgenoegsaamheid en selfsug van die gevalle wese te oorwin en die liefde tot God en die daadwerklike naasteliefde tot gebod en grondslag van hul lewe te maak.

So mag die siele deur die erbarmende liefde en wysheid van die hemelse Vader innerlike, geestelike ervaringe opdoen, wat deels `n aangename en vreugdevolle en deels `n pynlike en skrikwekkende karakter het, terwyl hulle soos in `n droom in die laagste of middelste streek van die geestelike wêreld lewe. Dit alles duur voort totdat die siel daardeur gelouter is en uit haar droomlewe ontwaak om na die ligte, suiwer sfere van die saliges op te styg.

Die taferele wat in die boekie beskryf word en die belewenisse van oorgegane siele, is dus geen 'reële' werklikheid nie, maar moet slegs opgeneem word as geestelike, droomervaringe wat deur die beskermengele beïnvloed word. Slegs die aan die slot beskrewe 'arm man' mag, as `n reeds op aarde in deemoed en liefde baie gerypte siel, onder leiding van die Heer Self dadelik tot die suiwer geeste- en hemelwêreld opstyg en die salige werklikheid van die hemele sien en belewe.

Die uitgewer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205