Oor die drumpel van die DOOD
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

 

Inleiding

Die huidige natuurwetenskappe het deur ontdekkings en uitvindings byna by die grens gekom van wat hulle, deur middel van moderne tegnieke, in die natuurgebeure kan ondersoek. Die indring in die struktuur van die atoom en sy dinamika voer tot omverwerpende insigte, waarvan die nuttige gebruik sigself op alle gebiede van die menslike lewe uitstrek.

Die toepassing van die atoom- en die elektroniese energie kenmerk `n volledige nuwe beskawing en laat die mense oor kragte beskik, waarvan die regte of verkeerde gebruik die verdere lot van die mensdom sal bepaal. Die atoomfisika voer reeds tot `n nuwe beskouing van die oerboustene, wat die hegte band tussen die kleinste en die grootste van die skepping vorm, die sprong in die wêreldruim — al is dit deur die begin van die ruimtevaart of deur die huidige radar-astronomie — skep dit `n uitgebreide beeld van die heelal wat die baie eng begrippe van vroeër teorieë omver werp en geweldig baie kosmiese dimensies open.

Dit is verbasingwekkend in welke mate die wetenskap steeds nader aan die wêreldbeeld van Jakob Lorber kom. Steeds meer gereeld bevestig nuwe ontdekkings die waarheid van sy natuurbeskrywings, wat reeds meer as honderd jaar gelede vooruit opgeskryf is en baie daarvan lei teenswoordig tot die diepste insigte in die ondersoekende werk wat gedoen word.

Die geskrifte van Jakob Lorber—geïnspireer deur die ‘innerlike Woord’, die Goddelike Stem in die gees, vorm juis in die natuur-geestelike geskrifte wat vir die gemoed en die verstand so `n bevredigende sintese (samestelling) van geloof en wetenskap is, waarna die teenswoordige mens noú eers langsaam en tastend deurdring. Dit het nie die bedoeling om die eksakte wetenskappe se gevinde ondersoek-resultate religieus of filosofies te verklaar nie. Maar die vraag omtrent die innerlike wese van al hierdie ontdekkings wat aan die natuur ontworstel is, verlang `n duidelike verklaring, wat maar net vanuit die gees gegee kan word, waar dit juis die gees is, wat die hele natuur belewe, besiel, en homself deur die sigbare vormwêreld van die natuur, aan die mense openbaar. Tegelyk met hierdie vraag, kom ook die ander vraag na die sin en die nut van al die geskapene na vore, net soos die vraag na die doel waarna al die geskapene streef. Op hierdie elementêre vrae gee die gesamentlike werk van Lorber, wat `n religieus-geestelike lewensleer sonder leemte aanbied, vanaf die oorsprong van die skepping tot by haar voltooiing, `n oortuigende antwoord. Die basis van hierdie skeppingsleer vorm die 'Groot Evangelie van Johannes', wat uit elf dele bestaan, waarin die alles omvattende lig en lewensleer van JaHshua (Jesus) Christus vasgelê is. Lorber ontvang egter ook (naas ander groot werke met religieuse inhoud) enkele kleinere werke oor die natuurgebeure.

In dié boek is stukke opgeneem uit “Himmelsgaben', 'Die Vlieg', 'Der Grossglockner' en 'Naturzeugnisse'. Die daarin vasgelegde natuurwetenskaplike beskrywings kry tegelykertyd `n natuur-geestelike uitleg en lei die leser na die volledig vergeestelike wêreldbeeld, soos die groot werke van Lorber uit `n onuitputlike volheid skets. Die boek sal hopelik `n wegwyser wees na daardie hoog geïnspireerde geestesgoedere, wat die mens, wat na insig en waarheid strewe, die Liefde en Wysheid van God en die wonders van Sy skeppings idees op `n verhelderende wyse openbaar! Viktor Mohr.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205