Oor die drumpel van die DOOD
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

 

'Ewige straf' en 'ewige verdoemenis' - bestaan dit?

In die werk 'Van die hel tot die hemel' (II/226:6,7,9,10) word die Heer om opheldering gevra oor die begrippe van 'ewige straf' en 'ewige verdoemenis' wat in byna alle Christelike kerke en gemeentes voorkom. Die Heer antwoord:

'Met alles wat Ek geskape het, kon Ek tog onmoontlik meer as één doel vir oë gehad het. Aangesien Ekself egter die ewige lewe is, kan Ek tog nooit wesens geskape het vir die ewige dood nie! `n Sogenaamde straf kan daarom slegs `n middel wees om die een fundamentele hoofdoel te bereik, maar kan nooit tegelykertyd `n as`t ware vyandig daarteenoor staande doel hê nie. Daarom kan daar nooit sprake wees van `n 'ewige straf nie'! (...)

Daar is wel geskrywe oor `n 'ewige dood', wat `n ewige vasstaande oordeel is wat voortvloei uit My ewige onveranderlike orde. Hierdie orde is die so gehete 'toornvuur' of beter gesê 'ywervuur' van My wil, wat baie natuurlik vir ewig onveranderlik so moet bly, omdat dit anders met al die geskapenes in een oomblik afgeloop sou wees.

Wie hom nou laat saamsleep deur die wêreld en haar materie (wat immers noodsaaklikerwyse geoordeel moet bly, omdat dit anders geen 'wêreld' meer sou wees nie), moet inderdaad solank as verlore en dood beskou word, as hy hom nie van die geoordeelde materie wil losmaak nie. Daar moet dus, terwille van die geskapenes, wel `n ewige oordeel, `n ewige vuur en `n so gehete ewige dood bestaan, maar daaruit volg nie dat `n gees wat in die oordeel gevange is, ewe lank gevange moet bly as wat die oordeel op sigself voortduur nie, net so min as wat daar `n gevangene op aarde veroordeel sou moet word vir die tydsduur wat die gevangenis bly bestaan. 

Is die gevangenis en gevangenskap nie vir iedereen duidelik twee verskillende dinge nie? Die gevangenis is en bly weliswaar ewig, en die vuur van My ywer mag nooit uitdoof nie; maar die gevangene bly slegs solank in die gevangenis, totdat hy homself bekeer en sy lewe verbeter het!

Origens staan daar in die hele Skrif geen letter oor die ewige verwerping of verdoemenis van `n gees nie, maar slegs oor `n ewige verdoemenis van die 'chaos' teenoor My ewige 'orde', wat noodsaaklik is, omdat daar andersins niks sou kan bestaan nie. Die sonde as teen-orde is werklik ewig verdoem, maar die sondaar slegs solank hy homself in die sonde bevind. Daar bestaan dus werklik `n ewige hel, maar geen gees wat vanweë sy sonde ewig tot die hel verdoem sou wees nie; hy bevind hom slegs daar totdat hy hom verbeter! Wel het Ek vir die Fariseërs gesê: 'Daarom sal julle des te meer verdoem wees!', maar nooit: 'Daarom sal julle vir ewig verdoem word!' Begryp jy nou die skriftekste wat so gevaarlik lyk?'

(Die gees sê:) 'O Heer, wat U nou gesê het, het ek weer volkome begryp. Maar slegs één punt in die Skrif begryp ek nog nie heeltemal nie. En dit is die 'onoorbrugbare kloof' in die gelykenis van die ryk swelger en die arm Lasarus'...

(Die Heer:) 'Dit is presies soos die regsgeleerdes in die wêreld sê: Aan hom wie êrens self vir iets kies, geskied geen onreg nie Die kloof beteken weer die nooit te oorbrugte onderskeid tussen My heeltemal in die hemele en die daar lynreg teenoorstaande en weersprekende en teenoorstaande wanorde in die hel. Hierdie teks dui dus slegs op die onverenigbaarheid van orde en wanorde; egter nie op `n ewige geslote poort vir hom wie homself in die wanorde bevind nie. Amen.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205