Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE VERWERWING VAN GEESTESGAWES
B.D.6241 - 18 April 1955
Die gawes van die Gees sal aan elke mens gegee word wat ernstig daarna streef. Dit kan u nie geskenk word nie, dit moet verwerf word deur die nakoming van My gebod van liefde tot God en die naaste, deur `n lewe volgens My Wil. Want sodra My Wil vervul is, bevind die mens homself in My ordening van ewigheid, en lig en krag sal hom deurstroom soos wat dit in die begin was, aangesien hy volgens My Ewige ordening geskape is - volmaak, dit wil sê, as `n wese gelyk aan My.
My Gees deurstraal die wese; en My Gees kan hulle ook nou weer deurstraal, sodra hulle weer as mens in My Ewige ordening binnegegaan het. Dit moet vir u wel begryplik wees, dat My Gees nooit in `n mens kan werk wat buite My ordening leef nie, dat hy dus nimmer die gawes van die Gees sal kan besit nie.
Daarom stel ook elke woord ontvangs die werke van My Gees voorop. Want om My Woord te ontvang, beteken om in die volle waarheid onderrig te word, om te weet wat My Wese vir u mense begryplik maak, om te weet wat die beweegredes en die oorsaak is, wat die sin en die doel van My bestuur en werke is – en om alles te weet wat vir u duidelik is. Om in die waarheid onderrig te word, beteken om in die insig binnegelei te word wat eens u s’n was, wat u egter verloor het deur u eie skuld.
U almal kan dit vir u verwerf, niemand word daarvan uitgesluit nie, dog niemand kan dit verkry wat niks daarvoor doen nie, wat sy wese nie omvorm tot liefde nie, wat slegs die verbinding van die gees wat in hom sluimer, is met die Geestesgees, sodat Ek nou Self deur My Gees in hom kan werk. Daaruit volg dat die verbinding met My steeds tot stand gebring moet word en dat dit `n bewustelike strewe na My vereis. Wie homself nou met My in verbinding stel, die het sy een voet reeds vrywillig in My Ryk geplaas, hy het sy weerstand opgegee en sy wil geheel en al na My gekeer, en wat hom ten deel val, kan nou nie anders wees nie as: Lig en krag wat hom nou uit My Ryk aangebied word.
Die binnelei in die waarheid deur My Gees, deur My Woord, is dus `n geskenk - `n gawe wat Ek elkeen laat toekom wat homself deur eie wil tot `n graad van rypheid opgewerk het, wat die voorwaarde is vir die verlening van Geestesgawes.
Die mens kan steeds ongehinderd My ryk betree as Ek sy doel is. Solank Ek egter nog eenkant toe geskuif word in sy denke en strewe, word die toegang hom geweier. Maar hy kan dan deur My teenstander in sy ryk binnegeloods word, wat hom laat glo dat hy by `n goeie doel aangeland het, wat ook presies weet wat die mens nastreef en hom ooreenkomstig sy verlange laat toekom wat hy soek. Dit geld vir die mense wat van weetgierigheid vervul is - dog nie ter wille van die waarheid nie, maar slegs terwille van eie voordeel. Die wat wil weet om iets te beteken, maar nie om te getuig van My en vir My nie. Ook dit sal hy ontvang, maar dan van hom wat teen die waarheid is, omdat hy teen My is.
Egte gawes van die Gees sal `n kind op aarde ontvang slegs as hy My geheel en al toegedaan is, wat daarom ook in die volle waarheid vasstaan omdat hy My daarom versoek het - en daarom ook duidelik insien wat waarheid en wat dwaling is. Wie se verlange na die waarheid alle toegang aan My teenstander belet; omdat hy die verbinding tussen die kind en My as `n helder verligte straal herken, wat hy ontwyk, omdat hy nie self daardeur aangeraak wil word nie. Des te meer gaan hy egter sy gang waar hy toegang vind deur verwante denke en strewe bekend aan hom, want steeds sal hy daarop uit wees om die lig te verbloem wat die mense die korrekte weg aanwys. Steeds sal hy teen My werk maar sy ware gesig agter `n masker verberg, want dit is die tyd van die einde en hy weet dat hy nie baie meer tyd het nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205