Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE GELOOFWAARDIGHEID VAN MEDIUMIEKE ONTVANGSTES
B.D.8695 - 7 Desember 1963
U wat van My die opdrag het om die suiwer waarheid te verbrei, moet ook self oor alles onderrig wees om vir u `n helder oordeel te kan vorm oor die waarde van geestelike resultate wat deur u medemens as waarheid uitgedra word. U moet weet, dat waardevolle sowel as waardelose verbindinge met die geestelike wêreld tot stand gebring word. Dat uit alle sfere van die geestelike ryk wesens hulleself aan u wil laat hoor, dat hulle hulle gedagtes op u probeer oorbring en die mens kan nou self bepaal, welke wesens hom kan benader.
En steeds is die verlange na die waarheid deurslaggewend, wat egter dikwels deur `n verlange na die ongewone verdring word. Die begeerte om iets onbekend uit die bonatuurlike wêreld te wete te kom, het meestal voorrang, weliswaar om ook vanuit die beste wil korrek en goed te handel en te dink. Van sulke moontlikhede word ook deur die bewoners van die ligvolle geestelike wêreld gebruik gemaak, wat die mense op die regte pad wil bring en hulle dan ook probeer beïnvloed om hulle houding teenoor die geestelike Ryk te verdiep, en hulle voor alles daarop te wys dat die liefde die eerste en vernaamste gebod is.
Dus kan elke verwysing na die liefde ook as in ooreenstemming met My Wil beskou word. Die suiwerheid en die wil van diegene wat in `n mediumieke toestand boodskappe ontvang, bepaal ook die waarde van hierdie boodskappe. Maar dit kom ook nog aan op die kring van toehoorders, in welke geestelike gesteldheid hulle is, welke geestelike rypheid hulle kan laat sien. En één mens wie se staat van rypheid gebrekkig is, kan reeds die insluiping van onrein Geeste moontlik maak deur sy gedagtes, wat homself eweneens van `n medium in onbewustelike toestand bedien en wat dan dikwels die ligbodes terugdring, omdat die kragte van die duisternis daar verskyn, waar die moontlikheid homself voordoen deur met `n mens te spreek wat homself ontdoen het van sy eie wil en wat dus in `n mediumieke toestand spreek.
Hoe helderder die kring is en hoe meer ooreenstemming daarin heers, en die verlange maar net daar is om waarheidsgetrou onderrig te word, des te geloofwaardiger is die resultate. En dit sal dan egter ook met wat u regstreeks van bo gestuur word, ooreenstem, dus heeltemal geen twyfel ooplaat oor hulle egtheid nie. Want tallose ligwesens probeer om vanuit die anderkantste wêreld toegang by die mense te verkry om hulle in My opdrag die waarheid te bring.
Dog hierdie ligwesens sal altyd weer probeer om die mense te beweeg, om `n verbinding met die geestelike wêreld in `n helder, bewustelike staat tot stand te bring. Hulle sal hulle oor "die werksaamheid van die Gees" in die mens opheldering verskaf en hulle probeer aanspoor om met Myself in innige kontak te tree, om dan `n diepe kennis in ontvangs te kan neem, wat op mediumieke manier, in onbewustelike toestand, nie na die aarde gebring kan word nie. Want Ekself het u mense die werksaamheid van My Gees beloof en aan My woorde kan en moet u geloof skenk.
Dat die aktiwiteite van My teenstander nou egter ook aan die lig kom, kan nie ontken word nie, en hy sal die begrippe steeds probeer verwar. Hy sal op gelyke wyse mediumiek aangelegde mense gebruik om deur hulle te spreek, maar tog altyd slegs woorde wat geen samehang het nie, woorde wat wysheid moet uitstraal en wat tog klinkklare onsin is. En u mense kan dit self ondersoek as u uself afvra welke gewin vir die siel u wel uit sulke mededelinge kan kry, wat ook by noukeurige ondersoek op die basis van My Woord, die waarheid heeltemal teenspreek. Daar meld dan selfs Geeste aan wat self nog onwetend is, wat nog `n sekere wêreldkennis het en, omdat hulle dit op die aarde ywerig uitgedra het, ook nou aan die mense probeer oorbring.
En daarom het Ek dan ook herkenningstekens vir die waarheid van wat geestelik ontvang word, ingestel. Ek het Self die merktekens aangegee, naamlik, dat u moet ondersoek of die misterie van My menswording in Jesus vir u onthul word, soos wat Ek u Self opheldering daaroor gegee het deur My Woord, deur die werke van My Gees in u. Wat met My Woord, wat regstreeks van bo tot u kom, nie ooreenstem nie, moet u afwys, selfs as hulle dit in sulke mooi woorde uit `n goddelike bron vir u wil bewys.
Ook My teenstander bedien homself van sulke woorde, want hy deins vir niks terug nie, omdat hy die mense in duisternis wil hou, omdat hy weet dat die waarheid `n lig is wat hom en sy dryfveer en kruipery ontmasker. En die lig sal hy ook steeds probeer uitdoof of vertroebel.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205