Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE "WERKSAAMHEID VAN DIE GEES" EN DIE AKTIWITEITE VAN DIE GEESTESWÊRELD
B.D.7829 - 18 Februarie 1961
U word met die waarheid vertroud gemaak, kan u die betekenis daarvan besef? Dat u hiervan verseker is om volledig in die waarheid vas te staan, omdat Ek u Self onderrig? En as mense teen u praat en sê dat u nie seker daarvan is dat dit Ek is wat tot u spreek nie, laat u dan nie in die war bring nie, want dan sou u andersins alles kan verwerp, ook die boek van die boeke (die Bybel) wat My duidelike aanwysings bevat oor die "werksaamheid van My Gees".
Die mense is egter al so ver van My verwyderd, dat hulle van `n, werksaamheid van My Gees in die mens, niks meer weet nie. Hulle soek weliswaar sporadies ook die verbinding met die geestelike Ryk, maar is totaal onwetend dat hulle hulleself daardeur in gevaar begewe om mededelinge in ontvangs te neem wat nie ooreenkom met die waarheid nie, omdat hulle te min weet oor "die aktiwiteite van die Geeste", wat nog nie die ligryk binnegegaan het nie.
Hulle bring verbindinge tot stand met geestelike gebiede, met die Geesteswêreld, wat ook wel kontak soek met die mense - dog maar net om hulleself te kan uiter, om hulle verkeerde, verwarde denke op die mense te kan oordra soos wat hulle dit op die aarde gedoen het, want solank hulle nie in die ligwêreld vertoef nie, dink hulle nie reg nie. Hulle is nog verduister van Gees en kan slegs valse idees aan die mens oordra.
En die mense heg te veel waarde aan sulke mededelinge uit die Geesteswêreld. Maar die ware band met My, wat aan hulle die toestroming van die waarheid waarborg, soek hulle nie. "My Gees" sal u in die waarheid lei. Ekself wil u onderrig en ofskoon Ek tot u deur ligbodes spreek; is dit tog dieselfde, want van My gaan die waarheid uit en word vir u deur My ligbodes gebring wat nooit anders kan en sal spreek soos wat dit My Wil is nie, omdat hulle die geestelike leringe van My aanneem wat hulle aan u deurgee.
Ekself onderrig u deur die Gees. Begryp dit mense, dat God self tot u spreek en laat dit nie as onmoontlik afmaak nie. Want u staan in regstreekse verbinding met My omdat u My skepsele, My kinders is en ewig by My hoort. En die Vader sal steeds tot Sy kinders spreek as hulle dit wil en die voorwaardes vervul wat Ek daaraan verbind het - dat die kind die stem van die Vader verneem.
U moet glo dat Ek tot u spreek, u opnamehouer gereedmaak vir die instroming van My Gees - en dan innerlik luister. Om te kan glo, moet u in liefde lewe en daardeur berei u uself tot woning vir My, Ek kan dan by u aanwesig wees, en as u opmerksaam luister, sal u My verneem. En wat Ek u sê is die waarheid, want die Ewige Waarheid Self spreek tot u. Hy onderrig u en u sal alles verneem wat nodig is vir die heil van siel.
Het u egter die stemme uit die Geesteswêreld daarvoor nodig? Laat u ernstig waarsku, om mededelinge as waar aan te neem wat nie deur die "werksaamheid van My Gees" tot u gekom het nie. Hou u ver van hulle wat voorgee dat hulle in verbinding staan met die Geesteswêreld. Hulle is `n gevaar vir u, want hulle verwar u gedagtes en hou u weg van die suiwer waarheid. Mense wie se siele al uitgeryp is, kan soms wel `n blik in hierdie geestelike gebiede werp en hulle invloed op die siele van die duisternis uitoefen; maar nooit sal mense op aarde iets wen deur kontak te soek met die anderkant, waar geen lig is nie. En daarom moet hulle so 'n omgang met die Geesteswêreld vermy, want ook hierdie omgang is `n middel van die teenstander in die eindtyd om die gedagtes van die mense in verwarring te bring, sodat die mense ook geen begrip vir die "werksaamheid van My Gees" kan opbring en afwysend teenoor die waarheid staan of haar minder aandag skenk as ander mededelings - en dus `n barmhartigheidsgawe van die hoogste waarde verbygaan.
Die waarheid gaan van My uit en u mense sal haar ontvang as u hierdie waarheid begeer. Neem u egter genoegdoening met mededelinge wat nie hulle oorsprong uit My het nie, en skenk u aandag aan sulke mededelinge, dan begeer u nie die waarheid nie en dit sal ook nooit in u besit kom nie. Waar My Gees egter werk, daar is die waarheid. Want Ek kan slegs werk waar die voorwaardes aanwesig is, dan hou Ek alle dwaling op `n afstand, want die mag staan My waarlik ter beskikking.
Ek wil dat die waarheid na die aarde gebring word en Ek het die mag om My Wil uit te voer, want u mense dwaal rond in dwaling en is daarom in groot gevaar. U, mense, kan maar net deur die waarheid salig word en moet dit ernstig van My afsmeek. Dan kan u egter ook seker wees daarvan dat u haar sal ontvang, dat Ek u self sal leer soos wat Ek dit beloof het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205