Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE WOORD WAT WEERKLINK
B.D.4313 - 26 Mei 1946
Johannes 14:21: "Wie My gebooie het en haar onderhou, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal My VADER liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.".
Die mees verhewe oomblik vir die mens in die aardse lewe is om die woord wat weerklink te verneem, as hy die uiting van My liefde in sy hart hoor as `n gesproke woord. Want dan is My nabyheid merkbaar as `n stroom van lig, wat die hart vervul en ook vir die bewussyn van die mens te verneem is.
In welke rypheid van siel die mens homself dan bevind, beïnvloed die aard van die weerklanke van die innerlike stem. Hy kan homself onbesorg aan die salige gevoel oorgee as sy siel reeds ver gevorderd is, soos wat hy egter ook nog met innerlike hindernisse te kampe kan hê, as hy homself nog in `n laer graad van rypheid bevind. Maar tog moes hy reeds `n bepaalde geestelike rypheid verkry het, anders sou hy nimmer die barmhartigheid van die woord wat "weerklink" kan ontvang nie.
Dit is dus `n proses van oordraging van lig en krag in direkte vorm. Die mens staan so innig met My in verbinding, dat Ek My teenoor hom kan uiter en deur hom verstaan word, wat by onryp siele nooit die geval sal wees nie.
Steeds moet Ek die krag van My liefde egter indam, as die mens geskik wil bly vir die aardse lewe, en nie deur 'n oorweldigende geluk alle aardse verbinding verloor nie. En daarom sal dit steeds maar kort oomblikke wees waarin Ek My hoorbaar uiter, tot die aardse bestaan van hom beëindig is met wie Ek so eng in verbinding staan, dat Ek hom My aanspreking waardig ag.
In die eindtyd egter, het Ek dienare op die aarde nodig wat baie ywerig vir My besig sal wees. En hulle ywer beloon Ek, deurdat Ek My op so 'n wyse aan hulle openbaar dat hulle geen twyfel meer in hulle hart kan koester nie, omdat hulle getrou aan My is, omdat hulle glo sonder om te sien - en arbei in die geloof vir My.
Ek wil hulle aanspoor tot steeds yweriger aktiwiteit, maar kan My egter dan eers hoorbaar uiter as hulle geloof reeds so 'n standvastigheid bereik het, dat hulle onvoorwaardelik aan My werksaamheid glo, dat hulle die stem van die Gees reeds tevore verneem het en as My stem herken. Want nooit mag die Woord wat weerklink `n geloofsdwang vir hulle beteken nie.
Dit is die bekroning van `n sterk geloof en vir die aardse lewe die mees begeerlikste, omdat dit die mens onuitspreeklik gelukkig maak - en die gedagte daaraan hom ongevoelig kan maak vir aardse lyding en nood. Sy geluksaligheid, sy oortuigde geloof, versterk ook die krag van die geloof van sy medemens, sodat sy werksaamheid onder die mense dus buitengewoon seënryk is en hy elke taak waaraan hy begin, ook sal volbring.
Wel kan die medemens hom met vertwyfeling konfronteer. Wie egter My Woord hoorbaar in homself verneem, kan nie meer twyfel nie. En sodoende beloon Ek die liefde en trou van My dienaar, wat homself vir My beskikbaar stel, en Ek gee hom op aarde reeds die geluk wat die wêreld hom nie kan bied nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205