Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

ELKEEN KAN AANGESPREEK WORD DEUR GOD IN DIE VORM VAN GEDAGTES
B.D.5469 - 23 Augustus 1952
Ek laat u woorde van liefde, van troos en van goeie raad toekom en Ek gee u altyd opheldering waar dit u aan bepaalde kennis ontbreek, u moet net self die verbinding met My tot stand bring, aangesien Ek anders nie tot u kan spreek nie.
My woorde sal egter nie altyd hoorbaar vir u klink nie, maar u gedagtes sal self merkbaar so vorm soos wat Ek tot u wil spreek, as u maar aandag daaraan sal skenk en solank verlangend wag, totdat My mededelinge u dus bereik het. Want dit wil Ek u sĂȘ; sodra u slegs aan My dink, met My praat in gebed of My aanroep om hulp - is My liefde reeds by u. U spreek nie verniet nie, maar Ek verneem al u gedagtes en antwoord u ook.
Weinig mense wag egter die antwoord van My af, weinig mense is so diep gelowig, dat hulle oortuig is van `n uiting van My kant af. En daarom kan Ek My maar selde aan die mense openbaar, sodat hulle in hulle gevoel en gedagtes My duidelike antwoord herken. Geen enkele woord gaan verlore wat u in diepe aandag tot My toeroep, geen enkele Woord laat Ek onbeantwoord nie.
Maar wat u siel die diepste sou verbly het, laat u heel dikwels by uself verbygaan. U het u geestelike oor nog nie geskool nie en verneem daarom nie die antwoord van My liefde nie. U almal, wat uself met My verbind in innige gebed, kan u deur My aangespreek voel. Wil u egter My woorde verstaan, waarna u almal so verlang, dan moet u u geestelike oor skool. En dit is `n opgawe wat u almal vir uself moet stel, omdat dit die aardse lewe baie vir u sal verlig. Want dit maak u waarlik gelukkig om My woorde te kan verneem wat vir u almal sonder uitsondering geld, die wat met My innige samespraak hou.
U almal sal baie krag en troos put uit die aanspreking wat u deur My ontvang, wat altyd slegs as `n gevoel en `n gedagte deur u verneem word, wat u innerlike rus en die gevoel van geborgenheid sou kan gee - u sou dus waarlik getroos en versterk word deur My Vaderliefde, wat onafgebroke vir al My kinders geld.
Daarom, as u tot My bid in Gees en in waarheid, bly daarna in u denke, wat op My gerig is, volhard, en u siel sal in ontvangs neem wat My Vaderliefde haar aangebied het. Want Ek neig My tot almal wat My aanroep, wat innige samesprake met My hou en Ek wil hulle gee wat hulle steeds verbly.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205